-
Vrae wat mense oor alkohol stelDie Wagtoring – 1987 | Augustus 1
-
-
Sommige pleit selfs om onthouding. Die Nigeriese geestelike wat hierbo aangehaal is, beweer: “Spreuke 20:1 sê spesifiek dat diegene wat wyn drink nie wys is nie.” En ’n ander prediker beweer: “Die Heilige Skrif veroordeel alkohol in die boek Jesaja”, en meld die tekste in Jesaja 5:11, 12 en 22.
-
-
Alkohol—Wat is die Christelike beskouing daarvan?Die Wagtoring – 1987 | Augustus 1
-
-
“Nie wys nie”—Vir wie?
Beteken dit dat Christene glad nie alkohol mag gebruik nie? Wat van die geestelike se bewering, wat in die voorafgaande artikel gemeld is en kwansuis op Spreuke 20:1 berus, naamlik dat ‘verstandige mense glad nie wyn drink nie’? Hierdie vers lui: “Die wyn is ’n spotter, en sterk drank ’n lawaaimaker; en elkeen wat daardeur bedwelmd raak, is nie wys nie.” Weer eens veroordeel die Bybel nie diegene wat wyn drink nie, maar eerder diegene wat daardeur bedwelmd raak! “Die wat láát opbly by die wyn” en “die wynsuipers”—húlle is “nie wys nie”.
-