-
‘Word ’n navolger van God’ in jou gebruik van magKom nader aan Jehovah
-
-
10. (a) Watter gesag het God aan ouers gegee? (b) Wat beteken die woord “dissipline”, en hoe moet dit toegedien word? (Sien ook voetnoot.)
10 Ouers het ook gesag wat God aan hulle gegee het. Die Bybel maan: “Pa’s, moenie julle kinders irriteer nie, maar hou aan om hulle in die dissipline en riglyne van Jehovah op te voed” (Efesiërs 6:4). Die woord “dissipline” kan in die Bybel “opvoeding, opleiding, onderrigting” beteken. Kinders het dissipline nodig; hulle floreer as hulle duidelike riglyne, grense en perke het. Die Bybel verbind sulke dissipline, of onderrigting, met liefde (Spreuke 13:24). Die gebruik van “die lat van dissipline” moet dus nooit in mishandeling – hetsy emosioneel of fisies – ontaard nie (Spreuke 22:15; 29:15).a Onbuigsame of oordrewe streng dissipline sonder enige liefde is ’n misbruik van ouerlike gesag en kan ’n kind se gees knak (Kolossense 3:21). Daarenteen dra gebalanseerde dissipline wat behoorlik toegedien word, die boodskap aan kinders oor dat hulle ouers hulle liefhet en omgee watter soort persoon hulle word.
-
-
‘Word ’n navolger van God’ in jou gebruik van magKom nader aan Jehovah
-
-
a In Bybeltye het die Hebreeuse woord “lat” ’n stok of ’n staf beteken, soos die een wat ’n herder gebruik het om sy skape te lei (Psalm 23:4). Net so dui “die lat” van ouerlike gesag op liefdevolle leiding, nie hardvogtige of wrede straf nie.
-