-
Aanvaar ander jou raad?Die Wagtoring – 1999 | Januarie 15
-
-
Wanneer ons raad gee, is dit belangrik om die regte woorde te kies. Die wyse man Salomo het gesê: “Goue appels op versierde silwerborde, so is ’n woord op sy tyd gespreek” (Spreuke 25:11). Hy het heel waarskynlik ’n pragtig gegraveerde silwer houer met fyn uitgekerfde goue appels in gedagte gehad. Hoe sal dit die oog tog bekoor, en hoe sal jy dit tog waardeer om dit as ’n geskenk te ontvang! Goedgekose, aangename woorde kan eweneens sterk weerklank vind by iemand wat jy probeer help.—Prediker 12:9, 10.
-
-
Aanvaar ander jou raad?Die Wagtoring – 1999 | Januarie 15
-
-
Soos Salomo gesê het, moet raad “op sy tyd” gegee word. Dit is van die allergrootste belang dat raad op die regte tyd gegee moet word as dit sy doel gaan bereik! Dit is voor die hand liggend dat iemand wat sy aptyt verloor het miskien nie kos wil hê nie. Miskien het hy pas tevore ’n groot maaltyd gehad of moontlik is hy siek. Dit is nie verstandig of aanvaarbaar om iemand wat nie wil eet te dwing om te eet nie.
-