Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ’n Praktiese boek vir die hedendaagse lewe
    ’n Boek vir alle mense
    • Iemand se fisiese gesondheid word dikwels deur sy geestes- en emosionele gesondheid beïnvloed. Wetenskaplike studies het byvoorbeeld die skadelike uitwerking van toorn vasgestel. “Die meeste van die beskikbare bewyse dui daarop dat aggressiewe mense groter gevaar loop om kardiovaskulêre siektes (sowel as ander siektes) op te doen weens verskeie redes, waaronder minder vriende, verhoogde biologiese reaksies wanneer hulle kwaad word en ’n toename in gedragspatrone wat hulle gesondheid in gevaar stel”, sê dr. Redford Williams, Direkteur van Gedragsnavorsing aan die Duke-universiteit se Mediese Sentrum, en sy vrou, Virginia Williams, in hulle boek Anger Kills.13

      Duisende jare voor sulke wetenskaplike studies gedoen is, het die Bybel, in eenvoudige maar duidelike terme, ’n verband tussen ons emosionele toestand en ons liggaamlike gesondheid getoon: “’n Rustige hart is die lewe vir die vlees, maar [jaloesie, NW] ’n verrotting vir die gebeente” (Spreuke 14:30; 17:22). Die Bybel het dus wyslik gemaan: “Laat staan die toorn en verlaat die grimmigheid” en: “Wees nie haastig in jou gees om jou te vererg nie.”—Psalm 37:8; Prediker 7:9.

  • ’n Praktiese boek vir die hedendaagse lewe
    ’n Boek vir alle mense
    • “Moenie jou gou vererg nie; want dwase koester ergernis” (Prediker 7:9, The New English Bible). Dade word gewoonlik deur emosies voorafgegaan. Die persoon wat gou is om hom te vererg, is dwaas, want dit kan tot onverskillige woorde of dade lei.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel