-
“Vrees God en hou sy gebooie”Die Wagtoring – 1987 | September 15
-
-
Lees hoofstukke 9 en 10. Die lewe is kosbaar, en God wil hê dat ons dit geniet (9:4, 7). Aangesien ons geen beheer oor die lewe se uiteinde het nie (9:11, 12), is dit beter om ag te slaan op godvrugtige wysheid, hoewel die meeste mense dit nie waardeer nie (9:17). As gevolg van die lewe se onsekerhede moet ons ons hart bewaak (10:2), versigtig wees in alles wat ons doen en met praktiese wysheid optree.—10:8-10.
-
-
“Vrees God en hou sy gebooie”Die Wagtoring – 1987 | September 15
-
-
Les vir ons: Aangesien enigeen van ons skielik kan sterf (9:12), moet ons ons lewe in Jehovah se diens bestee ingeval ons afsterwe ’n einde aan alles maak (9:10). Ons moet ook bekwaam raak in ons diens, want onbekwaamheid, selfs in eenvoudige dinge soos om ’n gat te grawe of hout te kap, kan ons en ander benadeel.—10:8, 9.
-