Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Daar is ’n tyd vir alles
    Die Wagtoring — 2009 | Maart 1
    • Die geïnspireerde Bybelskrywer het beslis nie gepraat van enige persoon se lot of van hoe iemand se lewe uiteindelik sal afloop nie, maar eerder van God se voorneme en hoe dit die mensdom sou raak. Hoe weet ons dit? Dit is basies wat die konteks vir ons sê. Nadat Salomo baie dinge genoem het wat blykbaar “’n vasgestelde tyd” het, het hy geskryf: “Ek het die bedrywigheid gesien wat God aan die mensekinders gegee het om hulle mee besig te hou. Alles het hy mooi gemaak op die tyd daarvoor.”—Prediker 3:10, 11.

      God het die mensdom baie bedrywighede, of dinge om te doen, gegee—Salomo het ’n paar genoem. God het ons ook wilsvryheid gegee om te kies wat ons wil doen. Maar vir elke taak is daar ’n regte, of gunstige, tyd wat die beste resultate sal lewer. Neem byvoorbeeld Salomo se stelling “’n tyd om te plant en ’n tyd om uit te trek wat geplant is”, soos opgeteken in Prediker 3:2. Boere weet dat daar ’n regte tyd is om elke gewas te plant. Sê nou ’n boer ignoreer hierdie eenvoudige feit en plant ’n gewas op die verkeerde tyd of in die verkeerde seisoen? Moet hy die noodlot blameer as hy ten spyte van sy harde werk nie ’n goeie oes het nie? Natuurlik nie! Hy het die gewas eenvoudig nie op die regte tyd geplant nie. Die boer kon goed gevaar het as hy die natuurlike orde van dinge gevolg het wat deur die Skepper vasgestel is.

      God het dus nie die lot van individue of die afloop van alle gebeure vasgestel nie, maar sekere beginsels daargestel wat die werking van menseaangeleenthede in ooreenstemming met sy voorneme rig. As mense sukses wil behaal in hulle strewes, moet hulle God se voorneme en tyd onderskei en daarmee saamwerk. Wat voorbestem en onveranderlik is, is nie die lot van individue nie, maar God se voorneme. Deur middel van die profeet Jesaja het Jehovah gesê: “My woord . . . wat uit my mond uitgaan, . . . sal nie sonder resultate na my toe terugkeer nie, maar dit sal beslis doen wat my behaag en sal beslis sukses behaal in alles waarvoor ek dit gestuur het.”—Jesaja 55:11.

  • Daar is ’n tyd vir alles
    Die Wagtoring — 2009 | Maart 1
    • Verstaan God se tyd

      Salomo het vir ons ’n leidraad gegee. Nadat hy gesê het: “Alles het [God] mooi gemaak op die tyd daarvoor”, het hy verder gesê: “Selfs onbepaalde tyd het hy in hulle hart gesit, dat die mensdom nooit die werk wat die ware God gemaak het, van begin tot einde kan uitvind nie.” The NIV Study Bible gee hierdie vers soos volg weer: “Hy het ook die ewigheid in die hart van mense geplaas; tog kan hulle nie deurgrond wat God van begin tot einde gedoen het nie.”—Prediker 3:11.

      Daar is al baie oor hierdie vers geskryf. Maar die eenvoudige feit is dat ons almal al diep in ons hart gewonder het oor die doel van die lewe en ons uiteindelike lot. Deur die eeue heen was dit vir mense moeilik om te aanvaar dat die lewe slegs bestaan uit ’n geswoeg om noodsaaklike werk gedoen te kry en dat die dood dit dan alles tot ’n einde bring. Ons as mense is uniek onder alle lewende skepsele omdat ons nie net aan die hede dink nie, maar ook aan die einde van die lewe en wat daarop volg. Ons smag selfs na die moontlikheid om vir ewig te lewe. Waarom? Soos die teks verduidelik, het God “die ewigheid in die hart van mense geplaas”.

      Om hierdie begeerte te bevredig, het mense met die idee van lewe ná die dood vorendag gekom. Party meen dat daar iets in ons is wat voortleef nadat ons sterf. Ander glo dat ons weer gebore sal word in ’n eindelose kringloop van reïnkarnasies. Nog ander dink dat alles in die lewe deur die noodlot of voorsienigheid bepaal word en dat ons niks daaromtrent kan doen nie. Ongelukkig is nie een van hierdie verduidelikings heeltemal bevredigend nie. Dit is omdat “die mensdom nooit [op hulle eie] die werk wat die ware God gemaak het, van begin tot einde kan uitvind nie”, sê die Bybel.

      Hierdie diepgewortelde konflik tussen die begeerte om te weet en die onvermoë om die antwoord te vind, het denkers en filosowe deur die eeue heen geteister. Maar aangesien dit God is wat hierdie begeerte in ons hart geplaas het, sal dit dan nie logies wees om ons tot hom te wend om te voorsien wat nodig is om hierdie begeerte te bevredig nie? Die Bybel sê immers van Jehovah: “U maak u hand oop en bevredig die begeerte van alles wat lewe” (Psalm 145:16). As ons God se Woord, die Bybel, raadpleeg, kan ons bevredigende verduidelikings vind oor die lewe en die dood en oor God se ewige voorneme met die aarde en die mensdom.—Efesiërs 3:11.

  • ’n Tyd om te kies
    Die Wagtoring — 2009 | Maart 1
    • “God het die mens na sy beeld begin skep, na God se beeld het hy hom geskep; man en vrou het hy hulle geskep.”—Genesis 1:27.

      HIERDIE bekende woorde aan die begin van die Bybel verwys na een van die wonderlikste dinge wat God “mooi gemaak [het] op die tyd daarvoor”—’n volmaakte mensepaar, Adam en Eva (Prediker 3:11). As hulle Skepper het Jehovah God vir hulle gesê: “Wees vrugbaar en word baie en vul die aarde en onderwerp dit, en die visse van die see en die voëls van die hemel en al die diere wat op die aarde kruip, moet aan julle onderworpe wees.”—Genesis 1:28.

Afrikaanse publikasies (1975-2026)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel