-
Jehovah stort verontwaardiging oor die nasies uitJesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom I
-
-
7. Wat is “die hemel”, en wat is ‘die leër van die hemel’?
7 Jesaja gebruik weer duidelike beeldspraak en sê verder: “Die hele leër van die hemel sal verrot. En die hemel sal opgerol word, net soos ’n boekrol; en sy hele leër sal verskrompel, net soos die blare verskrompel en van die wingerdstok afval en soos ’n verskrompelde vy wat van die vyeboom afval” (Jesaja 34:4). Die uitdrukking “die hele leër van die hemel” beteken nie die letterlike sterre en planete nie. Verse 5 en 6 praat van ’n swaard van teregstelling wat in daardie “hemel” drup van bloed. Gevolglik moet dit ’n simbool van iets in die mensewêreld wees (1 Korintiërs 15:50). Weens hulle verhewe posisie as hoër owerhede, word die regerings van die mensdom vergelyk met die hemel wat oor die aardse mensegemeenskap heers (Romeine 13:1-4). ‘Die leër van die hemel’ verteenwoordig dus die gesamentlike leërs van die regerings van die mensdom.
8. Hoe is die simboliese hemel “soos ’n boekrol”, en wat gebeur met hulle ‘leërs’?
8 Hierdie “leër” sal “verrot”, of vergaan, soos iets wat bederfbaar is (Psalm 102:26; Jesaja 51:6). Vir die blote oog lyk die letterlike hemel bo ons asof dit gebuig is, soos ’n ou boekrol, waarop gewoonlik aan die binnekant geskryf is. Nadat iemand gelees het wat aan die binnekant van ’n boekrol geskryf staan, het hy die boekrol toegerol en weggesit. Net so ‘moet die hemel opgerol word, soos ’n boekrol’, deurdat menseregerings tot hulle einde moet kom. Hulle sal die laaste bladsy van hulle geskiedenis bereik en by Armageddon vernietig word. Hulle indrukwekkende ‘leërs’ sal net soos dooie blare van ’n wingerdstok of soos “’n verskrompelde vy” van ’n vyeboom afval. Hulle tyd sal verby wees.—Vergelyk Openbaring 6:12-14.
-
-
Jehovah stort verontwaardiging oor die nasies uitJesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom I
-
-
[Prent op bladsy 360]
“Die hemel moet opgerol word, soos ’n boekrol”
-