Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Die “groot menigte” loop nou met die “grootpad” na God se organisasie
    Wêreldwye veiligheid onder die “Vredevors”
    • 5 Dit is met hierdie woorde van Jesaja 35 voorspel: “Dan sal die oë van die blindes geopen en die ore van die dowes ontsluit word. Dan sal die lamme spring soos ’n takbok, en die tong van die stomme sal jubel; want in die woestyn breek waters uit en strome in die wildernis. En die gloeiende grond sal ’n waterplas word, en die dorsland fonteine van water; in die plek van die jakkalse waar hulle gelê en rus het, is gras met riete en biesies.”—Jesaja 35:5-7.

  • Die “groot menigte” loop nou met die “grootpad” na God se organisasie
    Wêreldwye veiligheid onder die “Vredevors”
    • 7. Wat het die oorblyfsel se oë van die verstand nie voor 1914 gesien nie, maar is hulle ‘blinde’ oë geopen?

      7 Die geestelike Israeliete se oë van die verstand is nie voor die einde van die Tye van die Nasies geopen om te sien dat ’n oorblyfsel van hulle nog hier op aarde sou wees ná die wêreldmoeilikheid wat in 1914 sou begin nie. Hulle het ook nie gesien dat hulle en die “groot menigte” “ander skape” die voorreg sou hê om ’n wêreldwye getuienis oor die oprigting van God se Messiaanse Koninkryk te lewer nie. In 1919 is die geestelik blinde oë van die oorblyfsel gevolglik geopen, en watter gesig van die nabye toekoms het daardie geopende oë tog nie aanskou nie!

      8. Watter uitwerking het die twee byeenkomste te Cedar Point, Ohio, op die geestelike ore en tonge van die herstelde oorblyfsel gehad?

      8 By hulle byeenkomste te Cedar Point, Ohio, in 1919 en 1922 het hulle ’n aanduiding gekry van die werk wat voorgelê het. Hulle het die taak voor hulle ywerig aangepak. Hulle geestelike ore is ontsluit om die motiverende boodskap oor die Koninkryk van God en die nodigheid om dit te adverteer te hoor. Net soos ’n takbok het hulle so te sê gespring om getuies te wees vir daardie Koninkryk waarvoor daar al so lank gebid word. Hulle tonge, wat tot op daardie stadium stom was, het gejubel oor die Messiaanse Koninkryk wat in die hemele aan die bewind is.—Openbaring 14:1-6.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel