Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • “Vertroos my volk”
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom I
    • 12, 13. (a) Waarom kan die belofte van herstelling vertrou word? (b) Watter goeie nuus is daar vir die Joodse ballinge, en waarom kan hulle dit vertrou?

      12 Jesaja gee ’n tweede rede waarom die belofte van herstelling vertrou kan word. Die Een wat die belofte maak, is ’n sterk God wat met teerheid vir sy volk sorg. Jesaja sê verder: “Klim op ’n hoë berg, o vrou wat goeie nuus bring vir Sion. Verhef jou stem met krag, o vrou wat goeie nuus bring vir Jerusalem. Verhef dit. Moenie bang wees nie. Sê vir die stede van Juda: ‘Hier is julle God.’ Kyk! Die Soewereine Heer Jehovah sal kom as ’n sterke [“met krag”, voetnoot in naslaanuitgawe], en sy arm sal vir hom heers. Kyk! Sy beloning is by hom, en die loon wat hy betaal, is voor hom. Soos ’n herder sal hy sy kudde laat wei. Met sy arm sal hy die lammers bymekaarbring; en in sy boesem sal hy hulle dra. Dié wat soog, sal hy met sorg lei.”—Jesaja 40:9-11.

      13 In Bybeltye was dit die gebruik dat vroue oorwinnings vier deur die goeie nuus van veldslae wat gewen is of verligting wat sal kom uit te roep of te besing (1 Samuel 18:6, 7; Psalm 68:11). Jesaja toon profeties dat daar goeie nuus vir die Joodse ballinge is, nuus wat sonder vrees uitgeroep kan word, selfs van die bergtoppe af—Jehovah sal sy volk na hulle geliefde Jerusalem toe teruglei! Hulle kan vertroue hê, want Jehovah sal “met krag” kom. Niks kan hom dus keer om sy belofte na te kom nie.

  • “Vertroos my volk”
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom I
    • 15. (a) Wanneer het Jehovah “met krag” gekom, en wie is die ‘arm wat vir hom heers’? (b) Watter goeie nuus moet onbevrees verkondig word?

      15 Jesaja se woorde het groot profetiese betekenis vir ons dag. In 1914 het Jehovah “met krag” gekom en sy Koninkryk in die hemel opgerig. Die ‘arm wat vir hom heers’, is sy Seun, Jesus Christus, wat deur Jehovah op die hemelse troon geplaas is. In 1919 het Jehovah sy gesalfde knegte op aarde uit gevangenskap aan Babilon die Grote bevry en rein aanbidding van die lewende en ware God ten volle begin herstel. Dit is goeie nuus wat onbevrees verkondig moet word, asof dit van die bergtoppe uitgeroep word sodat die aankondiging oral gehoor kan word. Laat ons dan ons stemme verhef en met vrymoedigheid aan ander bekend maak dat Jehovah God sy rein aanbidding op hierdie aarde herstel het!

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel