-
“Vertroos my volk”Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom I
-
-
26, 27. Hoe word die gevoelens van die ballinge in Babilon beskryf, en wat moet hulle weet?
26 Jehovah weet dat die jare in ballingskap die gees van die Joodse ballinge sal demp en inspireer Jesaja om hierdie gerusstellende woorde vooraf op te teken: “Waarom sê jy, o Jakob, en spreek jy, o Israel: ‘My weg is vir Jehovah verborge, en geregtigheid teenoor my gaan by my God verby’? Het jy dit nie te wete gekom of het jy dit nie gehoor nie? Jehovah, die Skepper van die eindes van die aarde, is ’n God tot onbepaalde tyd. Hy raak nie moeg of afgemat nie. Daar is geen deurgronding van sy verstand nie.”—Jesaja 40:27, 28.d
27 Jesaja teken Jehovah se woorde op wat die gevoelens beskryf van die ballinge in Babilon, honderde kilometers van hulle vaderland af. Party dink dat hulle God nie hulle “weg”—hulle moeilike lewe—sien of daarvan weet nie. Hulle dink dat Jehovah onverskillig staan teenoor die onregte wat hulle ly. Hulle word herinner aan dinge wat hulle behoort te weet, as dit nie uit persoonlike ondervinding is nie, dan ten minste weens inligting wat aan hulle oorgedra is. Jehovah is in staat en bereid om sy volk te red. Hy is die ewige God en die Skepper van die hele aarde. Gevolglik besit hy nog steeds die mag wat hy gedurende die skepping geopenbaar het, en nie eers die magtige Babilon is buite sy bereik nie. So ’n God kan nie moeg word en sy volk in die steek laat nie. Hulle moet nie verwag dat hulle Jehovah se werke ten volle sal kan verstaan nie, want sy verstand—of insig, onderskeidingsvermoë en waarnemingsvermoë—is bo hulle begrip.
-
-
“Vertroos my volk”Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom I
-
-
d Die uitdrukking “onbepaalde tyd” beteken in Jesaja 40:28 “vir ewig”, want Jehovah is “die Koning van die ewigheid”.—1 Timoteus 1:17.
-