-
“Vertroos my volk”Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom I
-
-
28, 29. (a) Hoe herinner Jehovah sy volk dat hy dié wat afgemat is te hulp sal kom? (b) Watter illustrasie word gebruik om te toon hoe Jehovah sy knegte krag gee?
28 Deur middel van Jesaja gaan Jehovah voort om die neerslagtige ballinge aan te moedig: “Hy gee die vermoeide krag; en aan die een sonder dinamiese energie skenk hy volle sterkte in oorvloed. Seuns sal moeg sowel as afgemat raak, en jong manne sal vir seker struikel, maar dié wat op Jehovah hoop, sal nuwe krag kry. Hulle sal opvaar met vlerke soos arende. Hulle sal hardloop en nie afgemat raak nie; hulle sal loop en nie moeg raak nie.”—Jesaja 40:29-31.
29 Wanneer Jehovah sê dat dit nodig is om vir die vermoeide krag te gee, dink hy dalk aan die veeleisende reis wat die ballinge na hulle vaderland sal moet onderneem. Jehovah herinner sy volk dat hy altyd diegene sal help wat afgemat is en op hom staatmaak vir ondersteuning. Selfs die sterkste mense—“seuns” en “jong manne”—sal afgemat raak en struikel van uitputting. En tog belowe Jehovah om aan dié wat op hom vertrou krag te gee—nuwe krag om te hardloop en te loop. Die skynbaar moeitelose vlug van die arend, ’n kragtige voël wat ure aaneen kan sweef, word gebruik om toe te lig hoe Jehovah sy knegte krag gee.e Met die vooruitsig van hierdie Goddelike ondersteuning het die Joodse ballinge geen rede om moed op te gee nie.
-
-
“Vertroos my volk”Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom I
-
-
30. Hoe kan ware Christene vandag vertroos word deur die laaste verse van Jesaja hoofstuk 40?
30 Hierdie laaste verse van Jesaja hoofstuk 40 bevat woorde van vertroosting vir ware Christene wat in die laaste dae van hierdie goddelose stelsel lewe. Aangesien daar soveel druk en probleme is wat ’n mens mismoedig kan maak, is dit gerusstellend om te weet dat die probleme wat ons het en die onregte wat ons moet deurmaak nie ons God se aandag ontgaan nie. Ons kan seker wees dat die Skepper van alle dinge, die Een wie se ‘verstand onbeskryflik is’ alle onregte op sy tyd en manier sal regstel (Psalm 147:5, 6). Intussen hoef ons nie in ons eie krag te volhard nie. Jehovah, wie se krag onuitputlik is, kan in tye van beproewing vir sy knegte krag gee—selfs “krag wat bo die normale is”.—2 Korintiërs 4:7.
-
-
“Vertroos my volk”Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom I
-
-
e Die arend gebruik min energie om in die lug te bly. Hy doen dit deur die stygende warm lugstrome te benut.
-