-
Jesaja se profesie word vervulJesus – Die weg, die waarheid, die lewe
-
-
“Kyk! My kneg wat ek uitgekies het, my geliefde, wat ek goedgekeur het! Ek sal my gees op hom plaas, en hy sal aan die nasies duidelik maak wat geregtigheid is. Hy sal nie met mense stry of hard uitroep nie, en niemand sal sy stem in die hoofstrate hoor nie. Hy sal nie ’n beskadigde riet afbreek of ’n lamppit wat dof brand, uitdoof nie, totdat hy geregtigheid bring. Ja, nasies sal op sy naam hoop.” – Matteus 12:18-21; Jesaja 42:1-4.
-
-
Jesaja se profesie word vervulJesus – Die weg, die waarheid, die lewe
-
-
Jesus neem ook sy vertroostende boodskap na dié wat in figuurlike sin soos ’n beskadigde riet is, geknak en verniel. Hulle is soos ’n lamppit wat dof brand, wie se vlammetjie amper dood is. Jesus vertrap nie die beskadigde riet nie en doof nie die flikkerende, rokende lamppit uit nie. Hy weet eerder presies hoe om die sagmoediges met teerheid en liefde te help. Jesus is waarlik die een op wie die nasies kan hoop!
-