Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Identifiseer die regte soort boodskapper
    Die Wagtoring – 1997 | Mei 1
    • “Ek is die HERE . . . wat die woord van sy kneg vervul en die voorsegging van sy boodskappers volbring.”—JESAJA 44:24, 26.

      1. Hoe identifiseer Jehovah die regte soort boodskappers, en hoe ontmasker hy valse boodskappers?

      JEHOVAH GOD is die Grootse Identifiseerder van sy ware boodskappers. Hy identifiseer hulle deur die boodskappe te vervul wat hy deur hulle stuur. Jehovah is ook die Groot Openbaarder van valse boodskappers. Hoe ontmasker hy hulle? Hy verydel hulle tekens en voorspellings. Op hierdie manier toon hy dat hulle selfbenoemde voorspellers is, wie se boodskappe in werklikheid uit hulle eie valse redenering spruit—ja, uit hulle dwase, vleeslike denke!

  • Identifiseer die regte soort boodskapper
    Die Wagtoring – 1997 | Mei 1
    • 6 Asof dit nie genoeg was nie, is die Israelitiese ballinge ook blootgestel aan Babilon se grootpraterige waarsêers, voorspellers en sterrewiggelaars. Maar Jehovah het bewys dat al hierdie valse boodskappers dwase was, wie se woorde kragteloos was en wat alles agterstevoor om gehad het. Mettertyd het hy getoon dat Esegiël sy ware boodskapper was, soos Jesaja dit ook was. Jehovah het al die woorde vervul wat hy deur hulle gespreek het, net soos hy beloof het: “Ek is die HERE . . . wat die tekens van die leuenprofete vernietig en die waarsêers tot dwase maak; wat die wyse agteruit laat wyk en hulle kennis domheid maak; wat die woord van sy kneg vervul en die voorsegging van sy boodskappers volbring.”—Jesaja 44:24-26.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel