Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Die ware God voorspel verlossing
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II
    • 20 “Só het Jehovah gesê, jou Terugkoper en jou Formeerder van die moederskoot af: ‘Ek, Jehovah, doen alles, ek alleen span die hemel uit, sprei die aarde uit. Wie was by my? Ek verydel die tekens van leë praatjiesmakers, en dit is Ek wat waarsêers waansinnig laat optree; wat wyses agteruit laat wyk en wat selfs hulle kennis in dwaasheid verander; wat die woord van sy kneg laat bewaarheid word, en wat die raad van sy boodskappers ten volle uitvoer; wat van Jerusalem sê: “Dit sal bewoon word”, en van die stede van Juda: “Hulle sal herbou word, en sy verwoeste plekke sal ek oprig”; wat vir die waterdiepte sê: “Verdamp; en al jou riviere sal ek laat opdroog”; wat van Kores sê: “Hy is my herder, en alles wat my behaag, sal hy ten volle uitvoer”; selfs wat ek van Jerusalem sê: “Dit sal herbou word”, en van die tempel: “Jou fondament sal gelê word.”’”—Jesaja 44:24-28.

  • Die ware God voorspel verlossing
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II
    • 22. Beskryf hoe die Eufraatrivier verdamp.

      22 Ongeïnspireerde waarsêers waag dit gewoonlik nie om te spesifiek te wees in hulle voorspellings nie, omdat hulle bang is dat die tyd sal toon dat hulle verkeerd was. In teenstelling daarmee openbaar Jehovah deur middel van Jesaja selfs die naam van die man wat hy gaan gebruik om sy volk uit gevangenskap te bevry sodat hulle kan terugkeer om Jerusalem en die tempel te herbou. Sy naam is Kores, en hy staan as Kores die Grote van Persië bekend. Jehovah verstrek ook besonderhede oor die strategie wat Kores sal gebruik om deur Babilon se groot en ingewikkelde verdedigingstelsel te dring. Babilon sal beskerm word deur hoë mure en waterweë wat deur en rondom die stad loop. Kores sal ’n vername deel van daardie stelsel—die Eufraatrivier—tot sy voordeel gebruik. Volgens die eertydse geskiedskrywers Herodotus en Xenofon het Kores stroomop van Babilon die water van die Eufraat weggekeer totdat die vlak van die rivier laag genoeg gedaal het dat sy soldate daardeur kon loop. Die magtige Eufraat verdamp in die sin dat dit Babilon nie kan beskerm nie.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel