-
Wie gaan oor die wêreld heers?Gee ag op Daniël se profesie!
-
-
Kores het hom daarna gereedgemaak vir ’n konfrontasie met die magtige Babilon. En van hier af het hy ’n rol in die vervulling van Bybelprofesieë gespeel. Deur die profeet Jesaja het Jehovah byna twee eeue vroeër Kores by sy naam geïdentifiseer as die heerser wat Babilon sou omverwerp en die Jode uit gevangenskap sou bevry. Omdat Kores vooraf hiervoor benoem is, verwys die Skrif na hom as Jehovah se “gesalfde”.—Jesaja 44:26-28.
-
-
Wie gaan oor die wêreld heers?Gee ag op Daniël se profesie!
-
-
Kores se oorwinning het vir die Jode in Babilon beteken dat die tyd vir hulle langverwagte bevryding aangebreek het, asook die einde van die 70 jaar waartydens hulle vaderland woes sou lê. Hoe verheug was hulle tog toe Kores ’n bevel uitvaardig wat hulle toegelaat het om na Jerusalem terug te keer en die tempel te herbou! Kores het ook die kosbare tempelvoorwerpe wat Nebukadnesar na Babilon weggevoer het, vir hulle teruggegee, koninklike toestemming gegee dat hout uit die Libanon ingevoer kon word en toegelaat dat geld uit die koning se huis bygedra word om die boukoste te dek.—Esra 1:1-11; 6:3-5.
-