-
Jy kan Jehovah se vriend weesGeniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
-
-
5. Wat Jehovah van sy vriende verwag
Ons verwag gewoonlik sekere dinge van ons vriende.
Watter dinge wil jy hê moet jou vriende vir jou doen of verwag jy van hulle?
Lees 1 Johannes 5:3, en bespreek dan hierdie vraag:
Wat verwag Jehovah van sy vriende?
As ons aan Jehovah gehoorsaam wil wees, sal ons dalk ons gedrag of ons persoonlikheid moet verander. Lees Jesaja 48:17, 18, en bespreek dan hierdie vraag:
Hoekom vra Jehovah sy vriende om veranderinge te maak?
’n Goeie vriend sal ons herinner aan dinge wat ons kan beskerm en kan help. Jehovah doen dieselfde vir sy vriende
-
-
Hoe kan ons wys dat ons lief is vir Jehovah?Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
-
-
LES 34
Hoe kan ons wys dat ons lief is vir Jehovah?
Is jy nou liewer vir God as toe jy die Bybel begin studeer het? Wil jy graag aanhou om jou vriendskap met hom sterker te maak? As dit so is, onthou die volgende: As Jehovah sien dat jy liewer vir hom word, sal hy liewer vir jou word en meer vir jou omgee. Hoe kan jy vir hom wys dat jy lief is vir hom?
1. Hoe wys ons vir Jehovah dat ons lief is vir hom?
Ons wys ons liefde vir Jehovah deur hom te gehoorsaam. (Lees 1 Johannes 5:3.) Hy dwing niemand om gehoorsaam te wees aan hom nie. Hy gee elkeen van ons eerder die geleentheid om te kies of ons gehoorsaam aan hom sal wees of nie. Hoekom? Jehovah wil hê dat ons “uit die hart gehoorsaam” moet wees (Romeine 6:17). Met ander woorde, hy wil hê dat jy gehoorsaam moet wees aan hom, nie omdat jy moet nie, maar omdat jy lief is vir hom. Deel 3 en 4 van hierdie boek is ontwerp om jou te help om jou liefde vir Jehovah te wys deur dinge te doen wat hom gelukkig maak en weg te bly van dinge wat hom nie gelukkig maak nie.
2. Hoekom kan dit moeilik wees om te wys dat ons lief is vir Jehovah?
“Die regverdige het baie probleme” (Psalm 34:19). Ons almal sukkel met ons eie onvolmaakthede. En ons het dalk ook geldprobleme, word onregverdig behandel of kry dalk op ander maniere swaar. Wanneer ons deur moeilike tye gaan, is dit dalk nie vir ons maklik om te doen wat Jehovah van ons vra nie. Dit is omdat dit dalk makliker is om die verkeerde ding te doen. Maar wanneer jy altyd doen wat Jehovah vir jou sê om te doen, wys jy dat jy liewer vir hom is as vir enige iets anders. En jy wys dat jy lojaal is aan hom. Hy sal dan lojaal wees aan jou. Hy sal jou nooit verlaat nie. – Lees Psalm 4:3.
SOEK DIEPER
Leer hoekom dit Jehovah gelukkig maak wanneer jy gehoorsaam is aan hom en wat jou kan help om dit te doen.
3. ’n Beskuldiging wat jou raak
In die Bybelboek Job het Satan die man Job beskuldig, maar ook alle ander mense wat Jehovah wil dien. Lees Job 1:1, 6–2:10, en bespreek dan hierdie vrae:
Hoekom was Job gehoorsaam aan Jehovah volgens Satan? – Sien Job 1:9-11.
Wat het Satan oor alle mense gesê, insluitende oor jou? – Sien Job 2:4.
Lees Job 27:5b, en bespreek dan hierdie vraag:
Hoe het Job gewys dat hy regtig lief is vir Jehovah?
Job het gewys dat hy lief is vir Jehovah deur lojaal aan Hom te bly
Ons wys dat ons lief is vir Jehovah deur lojaal aan hom te bly
4. Maak Jehovah se hart bly
Lees Spreuke 27:11, en bespreek dan hierdie vrae:
Hoe voel Jehovah wanneer jy wys optree en hom gehoorsaam? Hoekom?
5. Jy kan lojaal aan Jehovah wees
Ons liefde vir Jehovah motiveer ons om ander van hom te vertel. Ons lojaliteit aan hom motiveer ons om dit te doen selfs wanneer dit nie maklik is nie. Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vrae.
Is dit ooit vir jou moeilik om ander van Jehovah te vertel?
Wat het Grayson gehelp om nie meer bang te wees nie?
Dit is makliker om lojaal aan Jehovah te wees wanneer ons lief is vir die dinge wat hy liefhet en die dinge haat wat hy haat. Lees Psalm 97:10, en bespreek dan hierdie vrae:
As jy dink aan alles wat jy geleer het, wat is party van die dinge waarvoor Jehovah lief is? Wat is party van die dinge wat hy haat?
Hoe kan jy leer om lief te wees vir wat goed is en om te haat wat sleg is?
6. Dit is goed vir ons wanneer ons gehoorsaam is aan Jehovah
Om gehoorsaam te wees aan Jehovah, is altyd die beste ding om te doen. Lees Jesaja 48:17, 18, en bespreek dan hierdie vrae:
Dink jy dat ons kan vertrou dat Jehovah altyd weet wat die beste vir ons is? Hoekom?
Hoe het jou Bybelstudie en die dinge wat jy oor die ware God, Jehovah, geleer het, jou sover gehelp?
PARTY MENSE SÊ: “Die dinge wat ek doen, maak nie regtig vir God saak nie.”
Watter vers kan jy gebruik om te wys dat die dinge wat ons doen, Jehovah gelukkig of hartseer kan maak?
WAT ONS GELEER HET
Jy kan wys dat jy lief is vir Jehovah deur hom te gehoorsaam en lojaal aan hom te bly selfs wanneer dit moeilik is.
Hersiening
Wat het jy uit Job se voorbeeld geleer?
Hoe sal jy wys dat jy lief is vir Jehovah?
Wat sal jou help om lojaal aan Jehovah te bly?
LEER MEER
Kyk hoe jy lojaal aan Jehovah en die gemeente kan wees.
Leer meer oor hoe Satan mense beskuldig het.
“Job handhaaf sy onkreukbaarheid” (Die Bybel—Wat is die boodskap daarin? deel 6)
Kyk hoe selfs jongmense kan wys dat hulle lief is vir Jehovah.
Hoe kan ’n jong persoon lojaal aan Jehovah bly selfs wanneer ander jongmense druk op hom plaas?
-
-
Hoe om goeie besluite te maakGeniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
-
-
LES 35
Hoe om goeie besluite te maak
Ons almal moet besluite maak. Baie van hierdie besluite kan of goed of sleg wees vir ons, en dit kan ons vriendskap met Jehovah beïnvloed. Byvoorbeeld, ons moet dalk besluit waar ons gaan bly, hoe om geld te verdien en of ons sal trou of nie. Wanneer ons goeie besluite maak, kan ons ’n gelukkige lewe hê en Jehovah gelukkig maak.
1. Hoe kan jy die Bybel gebruik om jou te help om goeie besluite te maak?
Voordat jy ’n besluit maak, moet jy Jehovah vra om jou te help en kyk wat die Bybel sê om te sien hoe hy oor die saak voel. (Lees Spreuke 2:3-6.) Soms sê Jehovah reguit vir ons wat ons moet doen. Die beste besluit wat jy dan kan maak, is om aan hom gehoorsaam te wees.
Maar wat as die Bybel nie reguit vir jou sê wat om te doen nie? Jehovah sal jou nog steeds lei “op die weg wat jy moet volg” (Jesaja 48:17). Hoe? Daar is dalk Bybelbeginsels wat jou kan help. Bybelbeginsels is basiese waarhede wat vir ons wys wat God dink en hoe hy voel. Baie keer leer ons hoe God oor sekere dinge voel wanneer ons iets in die Bybel lees. Wanneer ons sien hoe Jehovah voel, kan ons besluite maak waarmee hy tevrede is.
2. Aan watter dinge moet jy dink voordat jy ’n besluit maak?
Die Bybel sê: “Die verstandige persoon dink mooi voordat hy iets doen” (Spreuke 14:15). Dit beteken dat ons tyd moet maak om te dink oor die verskillende opsies wat ons het voordat ons ’n besluit maak. Terwyl jy oor elke opsie dink, vra jouself: ‘Watter Bybelbeginsels kan my help? Hoe sal hierdie besluit my laat voel? Hoe sal my besluit ander laat voel? En die belangrikste van alles, sal dit Jehovah gelukkig maak?’ – Deuteronomium 32:29.
Jehovah het die reg om vir ons te sê wat goed en wat sleg is. Wanneer ons sy wette en beginsels goed leer ken en ons bes probeer om gehoorsaam te wees daaraan, lei ons ons gewete op. Ons gewete is ’n gevoel binne in ons wat vir ons sê wat reg en wat verkeerd is (Romeine 2:14, 15). ’n Gewete wat opgelei is, sal ons help om goeie besluite te maak.
SOEK DIEPER
Leer hoe Bybelbeginsels en ons gewete ons help om besluite te maak.
3. Laat die Bybel jou help
Hoe kan Bybelbeginsels ons help wanneer ons besluite maak? Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vrae.
Wat is vrye wil?
Hoekom het Jehovah vir ons vrye wil gegee?
Wat het Jehovah vir ons gegee om ons te help om ons vrye wil op die beste moontlike manier te gebruik?
Om ’n voorbeeld van ’n Bybelbeginsel te sien, lees Efesiërs 5:15, 16. Bespreek dan hoe jy “die beste gebruik van [jou] tyd” kan maak sodat jy . . .
die Bybel gereeld kan lees.
’n beter huweliksmaat, ouer, seun of dogter kan word.
vergaderinge kan bywoon.
4. Lei jou gewete op om jou te help om goeie besluite te maak
Wanneer die Bybel reguit vir ons sê wat om in ’n sekere situasie te doen, is dit dalk maklik om die regte besluit te maak. Maar wat as die Bybel nie vir ons sê wat om te doen nie? Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vraag.
Wat het die suster in die video gedoen om haar gewete op te lei en om ’n besluit te maak waarmee Jehovah tevrede sou wees?
Hoekom moet ons nie ander vra om besluite vir ons te maak nie? Lees Hebreërs 5:14, en bespreek dan hierdie vrae:
Dit lyk dalk makliker om ander te vra om besluite vir ons te maak, maar wat moet ons self kan doen?
Watter dinge is daar wat jou kan help om jou gewete op te lei en goeie besluite te maak?
Net soos ’n padkaart ons help om te weet in watter rigting om te gaan, help ons gewete ons om besluite in die lewe te maak
5. Respekteer ander se gewete
Verskillende mense sal verskillende besluite maak. Hoe kan ons wys dat ons ander se gewete respekteer? Kyk na twee situasies:
Situasie 1: ’n Suster wat daarvan hou om grimering te dra, trek na ’n gemeente toe waar dit baie susters pla wanneer hulle iemand sien wat grimering dra.
Lees Romeine 15:1 en 1 Korintiërs 10:23, 24, en bespreek dan hierdie vrae:
Wat sal daardie suster dalk besluit nadat sy hierdie verse gelees het? Wat sal jy doen as jy saam met iemand is wie se gewete hom laat voel dat dit verkeerd is om iets te doen wat jou gewete jou toelaat om te doen?
Situasie 2: ’n Broer weet dat die Bybel nie sê dat dit verkeerd is om alkohol te drink nie, maar hy kies om nie enige alkohol te drink nie. Hy word genooi om saam met broers te kuier, en hy sien dat hulle alkohol drink.
Lees Prediker 7:16 en Romeine 14:1, 10, en bespreek dan hierdie vrae:
Wat sal hierdie broer dalk besluit nadat hy hierdie verse gelees het? Wat sal jy doen as jy sien dat iemand anders iets doen wat jou gewete jou nie toelaat om te doen nie?
Wat sal jou help om goeie besluite te maak?
1. Vra Jehovah om jou te help om te besluit wat om te doen. – Jakobus 1:5.
2. Doen navorsing in die Bybel en Bybelpublikasies om beginsels te kry wat jou kan help. Jy kan ook raad vra by broers en susters wat ’n sterk verhouding met Jehovah het.
3. Dink aan die uitwerking wat die besluit op jou gewete en op ander se gewete sal hê.
PARTY MENSE SÊ: “Jy het die reg om te doen net wat jy wil. Dit maak nie saak wat ander mense dink nie.”
Hoekom moet dit vir ons saak maak hoe God en ander mense voel?
WAT ONS GELEER HET
Ons maak goeie besluite wanneer ons uitvind hoe Jehovah oor iets voel en wanneer ons dink aan of die dinge wat ons doen, ander sal help of hulle sal seermaak.
Hersiening
Hoe kan jy besluite maak waarmee Jehovah tevrede is?
Hoe kan jy jou gewete oplei?
Hoe kan jy wys dat jy ander se gewete respekteer?
LEER MEER
Hoe kan jy besluite maak wat jou vriendskap met God sal versterk?
Leer meer oor hoe Jehovah ons raad gee.
Vind uit wat een man gehelp het om ’n moeilike besluit te maak.
Leer meer oor hoe om Jehovah gelukkig te maak wanneer hy nie reguit vir ons gesê het wat om te doen nie.
“Het jy altyd ’n Bybelgebod nodig?” (Die Wagtoring, 1 Desember 2003)
-