Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • “’n Tyd van welwillendheid”
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II
    • 6. In watter sin is die Messias se mond soos ’n skerp swaard, en hoe is hy weggesteek, of verberg?

      6 Die Messias se profetiese woorde gaan verder: “En hy het my mond soos ’n skerp swaard gemaak. In die skaduwee van sy hand het hy my weggesteek. En hy het my geleidelik ’n skerp pyl gemaak. Hy het my in sy pylkoker verberg” (Jesaja 49:2). Wanneer die tyd in 29 G.J. aanbreek dat Jehovah se Messias met sy aardse bediening moet begin, is Jesus se woorde en dade inderdaad soos skerp, blink gevryfde wapens wat tot die harte van sy toehoorders kan deurdring (Lukas 4:31, 32). Sy woorde en dade wek die toorn van Jehovah se groot vyand, Satan, en sy trawante. Van Jesus se geboorte af probeer Satan Hom doodmaak, maar Jesus is soos ’n pyl wat in Jehovah se eie pylkoker verberg is.a Hy kan met vertroue op sy Vader se beskerming staatmaak (Psalm 91:1; Lukas 1:35). Op die vasgestelde tyd gee Jesus sy lewe vir die mensdom. Maar die tyd sal kom wanneer hy as ’n magtige hemelse kryger sal uittrek wat op ’n ander manier gewapen is, met ’n skerp swaard wat uit sy mond uitkom. Hierdie keer verteenwoordig die skerp swaard Jesus se gesag om oordele teen Jehovah se vyande uit te spreek en te voltrek.—Openbaring 1:16.

  • “’n Tyd van welwillendheid”
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II
    • a “Satan, wat Jesus ongetwyfeld geïdentifiseer het as die Seun van God en die een wat volgens profesie sy kop gaan vermorsel (Ge 3:15), het alles in sy vermoë gedoen om Jesus te vernietig. Maar toe die engel Gabriël vir Maria vertel het dat sy met Jesus swanger is, het hy vir haar gesê: ‘Heilige gees sal oor jou kom, en krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom sal ook wat gebore word, heilig, God se Seun, genoem word’ (Lu 1:35). Jehovah het sy Seun beskerm. Die pogings om Jesus dood te maak toe hy ’n kindjie was, was onsuksesvol.”—Insight on the Scriptures, Deel 2, bladsy 868, uitgegee deur die Watchtower Bible and Tract Society of New York, Inc.

Afrikaanse publikasies (1975-2027)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel