Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • “’n Tyd van welwillendheid”
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II
    • 8. Hoe ontvang die Messias se eie volk hom, maar op wie vertrou die Messias om sy sukses te bepaal?

      8 Maar is dit nie waar dat Jesus deur die meeste van sy eie volk verag en verwerp word nie? Ja. Oor die algemeen aanvaar die nasie Israel Jesus nie as God se gesalfde Kneg nie (Johannes 1:11). Alles wat Jesus bereik terwyl hy op aarde is, lyk dalk vir sy tydgenote asof dit van min waarde, selfs onbelangrik, is. Die Messias verwys nou na hierdie skynbare mislukking van sy bediening: “Ek het verniet geswoeg. Vir onwerklikheid en nietigheid het ek my krag opgebruik” (Jesaja 49:4a). Hierdie woorde beteken nie dat die Messias mismoedig is nie. Kyk wat sê hy volgende: “Waarlik, my reg is by Jehovah, en my loon by my God” (Jesaja 49:4b). Die Messias se sukses sal deur God bepaal word, nie deur mense nie.

  • “’n Tyd van welwillendheid”
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II
    • 10 Vandag voel Jesus se volgelinge moontlik soms asof hulle verniet werk. In sommige plekke lyk dit dalk asof die resultate van hulle bediening gering is wanneer dit vergelyk word met die hoeveelheid werk en inspanning wat dit verg. Nogtans volhard hulle, aangespoor deur die voorbeeld van Jesus. Hulle word ook versterk deur die woorde van die apostel Paulus, wat geskryf het: “Daarom, my geliefde broers, word standvastig, onbeweeglik, terwyl julle altyd baie het om in die werk van die Here te doen, in die wete dat julle arbeid in verband met die Here nie tevergeefs is nie.”—1 Korintiërs 15:58.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel