Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Jehovah verheerlik sy Messiaanse Kneg
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II
    • 21, 22. (a) Wat het die Messias ten behoewe van ander gedra en op hom geneem? (b) Hoe het baie die Messias beskou, en wat was die klimaks van sy lyding?

      21 Waarom moes die Messias ly en sterf? Jesaja verduidelik: “Waarlik, ons siektes het hy gedra; en wat ons pyn betref, hy het dit op hom geneem. Maar ons het hom beskou as een wat met ’n plaag getref is, deur God geslaan en geteister is. Maar hy is vir ons oortreding deurboor; hy is vir ons ongeregtighede verbrysel. Die tugtiging wat vir ons vrede bedoel was, was op hom, en weens sy wonde was daar vir ons genesing. Soos skape het ons almal rondgedwaal; ons het elkeen sy eie weg ingeslaan; en Jehovah het ons almal se oortreding op hom laat neerkom.”—Jesaja 53:4-6.

      22 Die Messias het die siektes van ander gedra en hulle pyn op hom geneem. Hy het as ’t ware hulle laste opgelig, dit op sy skouers getel en dit gedra. En aangesien siekte en pyn die gevolge van die mens se sondige toestand is, het die Messias die sondes van ander gedra. Baie het nie die rede vir sy lyding verstaan nie en het geglo dat God hom straf en hom met ’n afstootlike siekte teister.c Die Messias se lyding het ’n klimaks bereik toe hy deurboor, verbrysel en gewond is—sterk woorde wat op ’n gewelddadige en pynlike dood dui. Maar sy dood het versoeningskrag; dit voorsien die grondslag om dié wat in oortreding en sonde ronddwaal, te herstel en hulle te help om vrede met God te vind.

  • Jehovah verheerlik sy Messiaanse Kneg
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II
    • 24. (a) Waarom het dit vir baie gelyk asof Jesus deur God “met ’n plaag getref” is? (b) Waarom het Jesus gely en gesterf?

      24 En tog het dit vir baie gelyk asof God Jesus “met ’n plaag getref” het. Hy het immers op aanstigting van gerespekteerde godsdiensleiers gely. Ons moet egter onthou dat hy nie weens sy eie sondes gely het nie. “Christus het vir julle gely”, sê Petrus, “en vir julle ’n voorbeeld gelaat sodat julle sy voetstappe noukeurig kan volg. Hy het geen sonde begaan nie, en ook is bedrog nie in sy mond gevind nie. Hy het ons sondes in sy eie liggaam aan die paal gedra, sodat ons met sondes klaar kan wees en vir regverdigheid kan lewe. En ‘deur sy wonde is julle genees’” (1 Petrus 2:21, 22, 24). Ons was almal vroeër in sonde verlore, “soos skape wat wegdwaal” (1 Petrus 2:25). Maar deur Jesus het Jehovah verlossing uit ons sondige toestand moontlik gemaak. Hy het ons oortreding op Jesus laat “neerkom”, op hom laat rus. Die sondelose Jesus was gewillig om die straf vir ons sondes te dra. Deur onverdiend ’n skandelike dood aan ’n paal te sterf, het hy dit vir ons moontlik gemaak om met God versoen te word.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel