-
Die onvrugbare vrou is blyJesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II
-
-
9, 10. Wat sou die opdrag om ‘die plek van die tent wyer te maak’, vir ’n vrou beteken wat in die ou tyd in tente gewoon het, en waarom is dit ’n vreugdevolle tyd vir so ’n vrou?
9 Jesaja profeteer verder oor ’n tyd van merkwaardige groei: “Maak die plek van jou tent wyer. En laat hulle die tentdoeke van jou grootse woning uitspan. Moenie terughou nie. Verleng jou tenttoue en maak jou tentpenne sterk. Want jy sal regs en links uitbreek, en jou nageslag sal selfs nasies in besit neem, en hulle sal selfs die verwoeste stede bewoon. Moenie bang wees nie, want jy sal nie beskaamd gemaak word nie; en moenie verneder voel nie, want jy sal nie teleurgestel word nie. Want jy sal selfs die skaamte van jou jeug vergeet, en aan die smaad van jou voortdurende weduweeskap sal jy nie meer dink nie.”—Jesaja 54:2-4.
-
-
Die onvrugbare vrou is blyJesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II
-
-
11. (a) Hoe is God se hemelse “vrou” in 1914 geseën? (Sien voetnoot.) (b) Watter seëning het die gesalfdes op aarde van 1919 af ervaar?
11 Die aardse Jerusalem is ná die Babiloniese ballingskap met so ’n tyd van hernuwing geseën. Die “Jerusalem daar bo” het selfs groter seëninge geniet.a Veral van 1919 af het haar gesalfde “nageslag” in hulle pas herstelde geestelike toestand gefloreer (Jesaja 61:4; 66:8). Hulle het ‘nasies in besit geneem’ deurdat hulle na baie ander lande uitgegaan het om almal wat van hulle geestelike gesin deel wou word, te soek. Gevolglik was daar ’n geweldige toename in die insameling van die gesalfde kinders. Hulle volle getal van 144000 is blykbaar die een of ander tyd in die middel-1930’s bereik (Openbaring 14:3). Toe was die predikingswerk nie meer op die insameling van die gesalfdes toegespits nie. Maar uitbreiding het nie by die gesalfdes opgehou nie.
12. Wie is, buiten die gesalfdes, sedert die 1930’s in die Christengemeente versamel?
12 Jesus self het voorspel dat hy, buiten sy “klein kuddetjie” gesalfde broers, ook “ander skape” sal hê wat in die kudde ware Christene ingebring sal moet word (Lukas 12:32; Johannes 10:16). Hoewel hulle nie onder die gesalfde kinders van die “Jerusalem daar bo” tel nie, vervul hierdie getroue metgeselle van die gesalfdes ’n belangrike profetiese rol wat lank gelede voorspel is (Sagaria 8:23). Van die 1930’s af tot vandag toe is ’n “groot menigte” van hulle al ingesamel, wat tot ongekende uitbreiding in die Christengemeente gelei het (Openbaring 7:9, 10). Vandag bestaan daardie groot menigte uit miljoene lede. Al hierdie uitbreiding het ’n dringende behoefte aan meer Koninkryksale, Byeenkomssale en takkantore laat ontstaan. Jesaja se woorde lyk toepasliker as ooit tevore. Wat ’n voorreg is dit tog om ’n deel van hierdie voorspelde uitbreiding te wees!
-