-
Jehovah laat die gees van die nederiges herleweJesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II
-
-
18. Hoe word Jehovah se verhewenheid beskryf, en watter liefdevolle besorgdheid lê hy nogtans aan die dag?
18 Nou sê Jesaja die woorde wat aan die begin aangehaal is: “Só het die Hoë en Verhewene, wat tot in ewigheid woon en wie se naam heilig is, gesê: ‘In die hoogte en in die heilige plek woon ek, asook by die verbryselde en nederige van gees, om die gees van die nederiges te laat herlewe en om die hart van die verbryseldes te laat herlewe’” (Jesaja 57:15). Jehovah se troon is in die hoogste hemele. Daar is geen hoër of meer verhewe posisie nie. Hoe vertroostend is dit tog om te weet dat hy van daar af alles sien—nie net die sondes van die goddeloses nie, maar ook die regverdige dade van dié wat hom probeer dien! (Psalm 102:19; 103:6). Daarbenewens hoor hy die gekreun van die onderdruktes en laat hy die hart van die verbryseldes herlewe. Hierdie woorde moes die harte van berouvolle Jode in die ou tyd geraak het. Dit raak beslis vandag ons harte.
-
-
Jehovah laat die gees van die nederiges herleweJesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II
-
-
21. (a) Hoe het Jehovah die gees van gesalfde Christene in 1919 laat herlewe? (b) Watter eienskap moet ons as individue aankweek?
21 “Die Hoë en Verhewene”, Jehovah, het in 1919 ook getoon dat hy besorg is oor die welsyn van die gesalfde oorblyfsel. Weens hulle berouvolle, nederige gees het die groot God, Jehovah, hulle ellende goedgunstiglik gesien en hulle uit Babiloniese gevangenskap verlos. Hy het alle struikelblokke verwyder en hulle na vryheid gelei sodat hulle hom in reinheid kon aanbid. So is Jehovah se woorde deur Jesaja destyds vervul. En hierdie woorde word gesteun deur ewige beginsels wat op elkeen van ons van toepassing is. Jehovah aanvaar alleenlik aanbidding van dié wat nederig is. En as een van God se knegte sondig, moet hy nie versuim om sy fout te erken, teregwysing te aanvaar en sy weë reg te stel nie. Mag ons nooit vergeet dat Jehovah nederiges genees en vertroos, maar ‘die hoogmoediges teëstaan’ nie.—Jakobus 4:6.
-