Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Jehovah se hand het nie te kort geword nie
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II
    • 17. Wie is Sion se Terugkoper, en wanneer koop hy Sion terug?

      17 Onder die Wet van Moses kon ’n Israeliet wat hom in slawerny verkoop het, deur ’n terugkoper uit slawerny verlos word. Vroeër in Jesaja se profetiese boek is Jehovah as die Terugkoper van berouvolle mense voorgestel (Jesaja 48:17). Nou word hy weer as die Terugkoper van berouvolles beskryf. Jesaja teken Jehovah se belofte op: “‘Die Terugkoper sal beslis na Sion kom, en na dié wat hulle in Jakob van oortreding afkeer’, is die woord van Jehovah” (Jesaja 59:20). Hierdie gerusstellende belofte word in 537 v.G.J. vervul. Maar dit het ’n verdere vervulling. Die apostel Paulus het hierdie woorde uit die Septuagint-vertaling aangehaal en dit op Christene toegepas. Hy het geskryf: “Op hierdie manier sal die hele Israel gered word. Net soos daar geskrywe staan: ‘Die verlosser sal uit Sion kom en goddelose gebruike van Jakob afwend. En dit is van my kant die verbond met hulle, wanneer ek hulle sondes wegneem’” (Romeine 11:26, 27). Jesaja se profesie het inderdaad ’n baie groter toepassing—een wat tot in ons tyd en verder strek. Hoe so?

  • Jehovah se hand het nie te kort geword nie
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II
    • 19. Watter verbond sluit Jehovah met die Israel van God?

      19 Jehovah sluit nou ’n verbond met die Israel van God. Ons lees: “‘Wat my betref, dit is my verbond met hulle’, het Jehovah gesê. ‘My gees wat op jou is en my woorde wat ek in jou mond gelê het—hulle sal nie weggeneem word uit jou mond of uit die mond van jou nageslag of uit die mond van die nageslag van jou nageslag nie’, het Jehovah gesê, ‘van nou af selfs tot onbepaalde tyd’” (Jesaja 59:21). Hetsy hierdie woorde op Jesaja self van toepassing is of nie, hulle is beslis in Jesus vervul, wat die versekering gekry het dat ‘hy sy nageslag sal sien’ (Jesaja 53:10). Jesus het woorde geuiter wat hy by Jehovah geleer het, en Jehovah se gees het op hom gerus (Johannes 1:18; 7:16). Dit is dus gepas dat sy broers en mede-erfgename, lede van die Israel van God, ook Jehovah se heilige gees ontvang en ’n boodskap verkondig wat hulle by hulle hemelse Vader geleer het. Hulle is almal “persone . . . wat deur Jehovah geleer word” (Jesaja 54:13; Lukas 12:12; Handelinge 2:38). Deur middel van Jesaja of deur middel van Jesus, wat profeties deur Jesaja afgebeeld word, sluit Jehovah nou ’n verbond dat hy hulle nooit sal vervang nie, maar dat hy hulle tot onbepaalde tyd as sy getuies sal gebruik (Jesaja 43:10). Maar wie is hulle “nageslag” wat ook by hierdie verbond baat vind?

      20. Hoe is Jehovah se belofte aan Abraham in die eerste eeu vervul?

      20 In die ou tyd het Jehovah vir Abraham belowe: “Deur middel van jou saad sal al die nasies van die aarde hulleself gewis seën” (Genesis 22:18). In ooreenstemming hiermee het die klein oorblyfsel natuurlike Israeliete wat die Messias aangeneem het, na baie nasies toe uitgegaan en die goeie nuus oor die Christus verkondig. Baie onbesnede nie-Jode, waarvan Kornelius die eerste was, het ‘hulleself geseën’ deur middel van Jesus, Abraham se Saad. Hulle het ’n deel van die Israel van God geword en ’n sekondêre deel van die saad van Abraham. Hulle vorm ’n deel van Jehovah se “heilige nasie”, wat die opdrag het om “die voortreflikhede alom bekend [te] maak van die een wat [hulle] uit die duisternis tot in sy wonderbare lig geroep het”.—1 Petrus 2:9; Galasiërs 3:7-9, 14, 26-29.

      21. (a) Watter “nageslag” het die Israel van God in hedendaagse tye voortgebring? (b) Hoe word die “nageslag” vertroos deur die verbond, of kontrak, wat Jehovah met die Israel van God gesluit het?

      21 Vandag is die volle getal van die Israel van God blykbaar reeds ingesamel. Maar die nasies word nog steeds geseën—en op groot skaal. Hoe? Deurdat die Israel van God ’n “nageslag” voortgebring het, dissipels van Jesus wie se hoop die ewige lewe op ’n paradysaarde is (Psalm 37:11, 29). Hierdie “nageslag” word ook deur Jehovah geleer en word in sy weë onderrig (Jesaja 2:2-4). Hoewel hulle nie met heilige gees gedoop is of as deelgenote van die nuwe verbond beskou word nie, word hulle deur Jehovah se heilige gees versterk om al die hindernisse te oorkom wat Satan in die weg van hulle predikingswerk plaas (Jesaja 40:28-31). Daar is nou miljoene van hulle en namate hulle hulle eie nageslag voortbring, word hulle al hoe meer. Jehovah se verbond, of kontrak, met die gesalfdes gee hierdie “nageslag” die vertroue dat Jehovah sal voortgaan om hulle ook tot onbepaalde tyd as sy woordvoerders te gebruik.—Openbaring 21:3, 4, 7.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel