Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Resultate van die predikingswerk​—‘Die lande is wit vir die oes’
    God se Koninkryk regeer!
    • 15. Hoe word die woorde in Jesaja 60:5, 22 vervul? (Sien ook die vensters “Jehovah het dit moontlik gemaak” en “Hoe ‘die geringe ’n magtige nasie’ geword het.”)

      15 Sowat 800 jaar voordat Jesus hierdie gelykenisse vertel het, het Jehovah die omvang van die hedendaagse geestelike oes en die vreugde wat hierdie oes sou veroorsaak, deur middel van Jesaja in treffende taal voorspel.c Jehovah beskryf mense wat “van ver af” na sy organisasie stroom. Hy sê vir ’n “vrou”, wat vandag deur die gesalfde oorblyfsel op die aarde verteenwoordig word: “Jy [sal] dit sien en beslis straal, en jou hart sal bewe en verruim word, want die skatte van die see sal hom tot jou wend; die rykdom van die nasies sal na jou toe kom” (Jes. 60:1, 4, 5, 9). Hoe waar is hierdie woorde tog! Knegte van Jehovah wat hom al lank dien, straal vandag beslis van vreugde omdat hulle sien hoe die aantal Koninkryksverkondigers in hulle land van net ’n paar tot derduisende toegeneem het.

  • Resultate van die predikingswerk​—‘Die lande is wit vir die oes’
    God se Koninkryk regeer!
    • c Vir meer besonderhede oor hierdie interessante profesie, sien Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II, bladsye 303-320.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel