Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Ware aanbidding brei wêreldwyd uit
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II
    • 13. Wie is die “seuns” en “dogters” in hedendaagse tye, en wie is die “rykdom van die nasies”?

      13 Wat ’n duidelike prentjie skilder Jesaja 60:4-9 van die wêreldwye uitbreiding wat plaasgevind het vandat Jehovah se “vrou” begin het om lig in die duisternis van hierdie wêreld te versprei! Eers het die “seuns” en “dogters” van die hemelse Sion gekom, dié wat gesalfde Christene geword het. In 1931 het hulle hulle in die openbaar as Jehovah se Getuies geïdentifiseer. Daarna het ’n wolk sagmoediges, “die rykdom van die nasies” en “die skatte van die see”, hulle gehaas om hulle by die oorblyfsel van Christus se broers te voeg.b Vandag sluit al hierdie knegte van Jehovah, wat van die uithoeke van die aarde en uit alle vlakke van die samelewing kom, hulle by die Israel van God aan om hulle Soewereine Heer, Jehovah, te loof en sy naam as die grootste naam in die ganse heelal te verheerlik.

  • Ware aanbidding brei wêreldwyd uit
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II
    • b Hoewel daar voor 1930 bedrywige, ywerige Christene met ’n aardse hoop was wat met die Israel van God omgegaan het, het hulle getalle gedurende die 1930’s merkbaar toegeneem.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel