Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Jehovah versier sy volk met lig
    Die Wagtoring – 2002 | Julie 1
    • 12 Koopmanne is nie die enigstes wat nader kom nie. Herders stroom ook na Sion. Die profesie sê verder: “Al die kuddes van Kedar—hulle sal by jou bymekaargebring word. Die ramme van Nebajot—hulle sal jou dien” (Jesaja 60:7a). Herderstamme kom na die heilige stad om die beste van hulle kuddes aan Jehovah te offer. Hulle bied selfs hulleself as dienaars van Sion aan! Hoe ontvang Jehovah hierdie vreemdelinge? God antwoord self: “Met goedkeuring sal hulle op my altaar kom, en ek sal my luisterryke huis versier” (Jesaja 60:7b). Jehovah neem die offers en die diens van hierdie vreemdelinge goedgunstig aan. Hulle teenwoordigheid versier sy tempel.

  • Jehovah versier sy volk met lig
    Die Wagtoring – 2002 | Julie 1
    • 15. (a) Watter vermeerdering voorspel die woorde van Jesaja 60:4-9? (b) Watter gees openbaar ware Christene?

      15 Wat ’n duidelike profetiese prentjie skilder verse 4 tot 9 tog van die wêreldwye uitbreiding wat sedert 1919 plaasgevind het! Waarom het Jehovah Sion met hierdie vermeerdering geseën? Omdat die Israel van God sedert 1919 gehoorsaam was en Jehovah se lig aanhoudend laat skyn het. Maar het jy gesien dat die nuwe aankomelinge, volgens vers 7, “op [God se] altaar kom”? Offerandes word op ’n altaar gebring, en wat die profesie hier sê, herinner ons daaraan dat Jehovah se diens opofferinge verg. Die apostel Paulus het geskryf: “Ek [versoek] julle dringend . . . om julle liggaam aan te bied as ’n offerande wat lewend, heilig en vir God aanneemlik is, ’n heilige diens met julle denkvermoë” (Romeine 12:1). In ooreenstemming met Paulus se woorde is ware Christene nie daarmee tevrede om bloot een keer per week kerkdienste by te woon nie. Hulle gebruik van hulle tyd, energie en middele om ware aanbidding te bevorder. Versier die teenwoordigheid van sulke toegewyde aanbidders nie Jehovah se huis nie? Jesaja se profesie het gesê dit sou. En ons kan seker wees dat sulke ywerige aanbidders pragtig is in Jehovah se oë.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel