Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Burger of uitlander, God verwelkom jou!
    Die Wagtoring – 1992 | April 15
    • 19. Watter profetiese aanduiding was daar dat uitlanders betrokke sou wees by Israel se terugkeer?

      19 Tog het Jesaja, toe hy die terugkoping en terugkeer van God se volk voorspel het, hierdie verbasende profesie geuiter: “Nasies sal trek na jou lig, en konings na jou stralende opgang” (Jesaja 59:20; 60:3). Dit beteken dat, ooreenkomstig Salomo se gebed, meer as net individuele uitlanders welkom was. Jesaja het op ’n ongewone verandering van hulle stand gewys. “Nasies” sou saam met die kinders van Israel dien: “Uitlanders sal jou mure bou, en hulle konings sal jou dien, want in my toorn het Ek jou geslaan, maar in my welbehae het Ek My oor jou ontferm.”—Jesaja 60:10.

  • Burger of uitlander, God verwelkom jou!
    Die Wagtoring – 1992 | April 15
    • 22. Hoe het “uitlanders” saam met geestelike Israeliete begin werk?

      22 Wat van die ‘uitlanders wat jou mure sal bou’? Ook dit het in ons tyd plaasgevind. Namate die uitnodiging aan die 144 000 voltooiing genader het, het ’n groot menigte uit al die nasies begin saamstroom om saam met geestelike Israel te aanbid. Hierdie nuwelinge het die Bybelse verwagting om die ewige lewe op ’n paradysaarde te geniet. Hoewel die uiteindelike bestemmings waar hulle in getrouheid sal dien van mekaar sal verskil, was hulle verheug om die gesalfde oorblyfsel by te staan om die goeie nuus van die Koninkryk te verkondig.—Mattheüs 24:14.

      23. In watter mate het “uitlanders” die gesalfdes bygestaan?

      23 Vandag toon meer as 4 000 000 “uitlanders” hulle toegewydheid aan Jehovah, tesame met die oorblyfsel van diegene wie se ‘burgerskap in die hemele’ is. Baie van hulle, mans en vroue, jonk en oud, dien voltyds as pioniers. In die meeste van die meer as 66 000 gemeentes het sulke uitlanders verantwoordelikhede as ouere manne en bedieningsknegte. Die oorblyfsel verheug hulle daaroor, omdat hulle ’n vervulling van Jesaja se woorde daarin sien: “Vreemdelinge sal staan en julle kleinvee oppas, en uitlanders sal julle landbouers en wynboere wees.”—Jesaja 61:5.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel