Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Die seëninge van die goeie nuus
    Die Wagtoring – 2002 | Januarie 1
    • Die seëninge van die goeie nuus

      “Jehovah [het] my gesalf . . . om goeie nuus aan die sagmoediges te verkondig. Hy het my gestuur om die gebrokenes van hart te verbind, . . . om al die treurendes te vertroos.”—JESAJA 61:1, 2, NW.

      1, 2. (a) Wat het Jesus omtrent homself geopenbaar, en hoe? (b) Tot watter seëninge het die goeie nuus wat Jesus verkondig het, gelei?

      EEN Sabbatdag vroeg in Jesus se bediening was hy in die sinagoge in Nasaret. Volgens die verslag “is die boekrol van die profeet Jesaja vir hom aangegee, en hy het die boekrol oopgemaak en die plek gevind waar geskrywe staan: ‘Jehovah se gees is op my, want hy het my gesalf om goeie nuus . . . bekend te maak.’” Jesus het toe verder uit die profetiese gedeelte gelees. Daarna het hy gaan sit en gesê: “Vandag is hierdie Skrifgedeelte wat julle so pas gehoor het, vervul.”—Lukas 4:16-21.

      2 Só het Jesus hom as die voorspelde evangeliedienaar geïdentifiseer, die een wat goeie nuus bekend maak en vertroosting gee (Matteus 4:23). En watter wonderlike goeie nuus het Jesus tog gehad om bekend te maak! Hy het sy hoorders meegedeel: “Ek is die lig van die wêreld. Hy wat my volg, sal hoegenaamd nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe besit” (Johannes 8:12). Hy het ook gesê: “As julle in my woord bly, is julle werklik my dissipels, en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak” (Johannes 8:31, 32). Ja, Jesus het “woorde van die ewige lewe” gehad (Johannes 6:68, 69). Lig, lewe, vryheid—dit is beslis seëninge wat hoog op prys gestel moet word!

      3. Watter goeie nuus het Jesus se dissipels verkondig?

      3 Ná Pinkster 33 G.J. het die dissipels Jesus se evangelisasiewerk voortgesit. Hulle het die “goeie nuus van die koninkryk” aan Israeliete sowel as mense van die nasies verkondig (Matteus 24:14; Handelinge 15:7; Romeine 1:16). Dié wat gunstig gereageer het, het Jehovah God leer ken. Hulle is uit godsdiensslawerny bevry en het deel geword van die nuwe geestelike nasie, “die Israel van God”, waarvan die lede die vooruitsig het om vir ewig in die hemel saam met hulle Here, Jesus Christus, te regeer (Galasiërs 5:1; 6:16; Efesiërs 3:5-7; Kolossense 1:4, 5; Openbaring 22:5). Dit was inderdaad ryk seëninge!

      Evangelisasie vandag

      4. Hoe word die opdrag om die goeie nuus te verkondig, vandag vervul?

      4 Gesalfde Christene, wat ondersteun word deur ’n toenemende “groot skare” “ander skape”, gaan vandag voort om die profetiese opdrag uit te voer wat oorspronklik aan Jesus gegee is (Openbaring 7:9; Johannes 10:16). Gevolglik word die goeie nuus op ’n ongeëwenaarde skaal verkondig. In 235 lande en gebiede het Jehovah se Getuies uitgegaan “om goeie nuus aan die sagmoediges te verkondig . . . , om die gebrokenes van hart te verbind, om uit te roep dat dié wat gevange geneem is, vrygelaat sal word en dat die oë van die gevangenes wyd oopgemaak sal word; om die jaar van die welwillendheid van Jehovah en die dag van die wraak van ons God uit te roep; om al die treurendes te vertroos” (Jesaja 61:1, 2, NW). Die Christelike evangelisasiewerk bring dus steeds seëninge vir baie mense mee en ware vertroosting vir “dié wat in enigerlei verdrukking is”.—2 Korintiërs 1:3, 4.

  • Die seëninge van die goeie nuus
    Die Wagtoring – 2002 | Januarie 1
    • Goeie nuus wat ewige seëninge meebring

      6. Watter goeie nuus word vandag verkondig?

      6 Jehovah se Getuies verkondig die beste nuus wat daar kan wees. Hulle maak hulle Bybels oop en wys vir dié wat wil luister, dat Jesus sy lewe opgeoffer het om dit vir die mensdom moontlik te maak om God te nader, om vergifnis van sondes te ontvang en om die hoop op ewige lewe te hê (Johannes 3:16; 2 Korintiërs 5:18, 19). Hulle kondig aan dat God se Koninkryk in die hande van die gesalfde Koning, Jesus Christus, in die hemel opgerig is en dat dit binnekort goddeloosheid van die aarde af sal wegneem en sal toesien dat die Paradys herstel word (Openbaring 11:15; 21:3, 4). Ter vervulling van Jesaja se profesie lig hulle hulle medemens in dat dit nou “die jaar van die welwillendheid van Jehovah” is wanneer die mensdom nog aan die goeie nuus gehoor kan gee. Hulle waarsku ook dat “die dag van die wraak van ons God” op hande is wanneer Jehovah onberouvolle oortreders tot niet sal maak.—Psalm 37:9-11.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel