Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • “Wees vir ewig bly oor wat ek skep”
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II
    • 18. Wat sal oorbly van diegene wat Jehovah verlaat het, en waarop dui die gebruik van hulle naam in ’n eed?

      18 Jehovah sê verder vir diegene wat hom verlaat het: “Julle sal julle naam beslis by my uitverkorenes vir ’n eed agterlaat, en die Soewereine Heer Jehovah sal julle elkeen afsonderlik doodmaak, maar sy knegte sal hy by ’n ander naam noem, sodat elkeen wat homself op die aarde seën, hom deur die God van trou sal seën, en elkeen wat ’n beëdigde verklaring op die aarde aflê, by die God van trou sal sweer; omdat die vorige benoudhede vergete sal wees en omdat hulle vir my oë verborge sal wees” (Jesaja 65:15, 16). Al wat sal oorbly van diegene wat Jehovah verlaat het, is hulle naam, wat net as ’n eed, of ’n vloek, gebruik sal word. Dit beteken moontlik dat dié wat hulle in plegtige eed tot iets wil verbind, as ’t ware sal sê: ‘Mag ek gestraf word soos daardie afvalliges gestraf is as ek hierdie belofte nie nakom nie.’ Dit kan selfs beteken dat hulle naam as ’n illustrasie gebruik sal word, soos Sodom en Gomorra, as ’n simbool van God se straf oor die goddeloses.

      19. Hoe sal God se knegte by ’n ander naam genoem word, en waarom sal hulle vertroue in die God van trou hê? (Sien ook voetnoot.)

      19 Hoe anders sal die lot van God se eie knegte tog nie wees nie! Hulle sal by ’n ander naam genoem word. Dit toon watter geseënde toestand en eer hulle in hulle vaderland sal geniet. Hulle sal nie ’n seën by ’n valse god soek of by ’n lewelose afgod sweer nie. Wanneer hulle hulleself seën of ’n eed sweer, sal hulle dit eerder by die God van trou doen (Jesaja 65:16). Die inwoners van die land sal rede hê om volkome vertroue in God te hê, want hy sal bewys het dat hy getrou is aan sy beloftes.c Veilig in hulle vaderland, sal die Jode gou die vorige benoudheid vergeet.

  • “Wees vir ewig bly oor wat ek skep”
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II
    • c Volgens Jesaja 65:16 in die Hebreeuse Masoretiese teks is Jehovah “die God van Amen”. “Amen” beteken “laat dit so wees”, of “beslis”, en is ’n bevestiging of waarborg dat iets waar is of dat dit beslis verwesenlik sal word. Deur al sy beloftes uit te voer, toon Jehovah dat sy woorde waar is.

Afrikaanse publikasies (1975-2026)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel