-
“Wees vir ewig bly oor wat ek skep”Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II
-
-
Die belofte van ’n veilige toekoms
27. Hoe beskryf Jesaja die veiligheid wat die terugkerende Jode in hulle vaderland sal geniet?
27 Hoe sal die lewe onder die nuwe hemele in die eerste vervulling vir die terugkerende Jode wees? Jehovah sê: “Daarvandaan sal nie meer ’n suigeling van ’n paar dae kom nie, en ook nie ’n ou man wat nie sy dae vervul nie; want iemand sal as ’n blote seun sterf, al is hy honderd jaar oud; en wat die sondaar betref, al is hy honderd jaar oud, sal ’n vloek oor hom uitgespreek word” (Jesaja 65:20). Wat ’n pragtige beskrywing van die veiligheid wat die terugkerende ballinge in hulle herstelde vaderland sal geniet! Ontydige dood sal geen pasgeborene, wat maar ’n paar dae oud is, opeis nie. So ’n dood sal ook nie ’n ouer persoon wegneem wat nog nie sy volle lewensduur uitgeleef het nie.d Hoe gerusstellend is Jesaja se woorde tog vir die Jode wat na Juda sal terugkeer! Hulle is veilig in hulle land en hoef hulle nie te bekommer dat vyande hulle kindertjies sal wegvoer of hulle manne sal doodmaak nie.
28. Wat leer ons uit Jehovah se woorde oor die lewe in die nuwe wêreld onder sy Koninkryk?
28 Wat vertel Jehovah se woorde ons van die lewe in die komende nuwe wêreld? Onder God se Koninkryk sal elke kind die vooruitsig op ’n veilige toekoms hê. Die dood sal nooit ’n godvresende man in die fleur van sy lewe wegneem nie. Inteendeel, die gehoorsame mensdom sal veilig en gerus wees en sal die lewe kan geniet. Wat van dié wat teen God in opstand kom? Hierdie persone sal nie langer die voorreg hê om te lewe nie. Al is die opstandige sondaar “honderd jaar oud”, sal hy sterf. In daardie geval sal hy “’n blote seun” wees vergeleke met wat hy kon gewees het—’n man met eindelose lewe.
-
-
“Wees vir ewig bly oor wat ek skep”Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II
-
-
d Die nuwe Afrikaanse Bybel (1983) vertaal Jesaja 65:20 soos volg: “Daar sal geen kind sterf wat maar ’n paar dae oud is nie en geen grysaard wat nie sy jare uitgeleef het nie.”
-