Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Sewe herders, agt hertoë—Wat hulle vandag vir ons beteken
    Die Wagtoring — 2013 | November 15
    • 3 Jesaja het gesê: “Kyk! Die jong vrou sal swanger word, en sy gee geboorte aan ’n seun, en sy sal hom beslis Immanuel noem. . . . Voordat die seun sal weet om die slegte te verwerp en die goeie te kies, sal die land van die twee konings [Sirië en Israel] vir wie jy ’n ontsettende vrees het, heeltemal verlate wees” (Jes. 7:14, 16). Die eerste deel van hierdie profesie word dikwels op die geboorte van die Messias toegepas, en heel tereg (Matt. 1:23). Maar aangesien die “twee konings”, die koning van Sirië en die koning van Israel, nie meer in die eerste eeu HJ vir Juda ’n bedreiging was nie, moes die profesie oor Immanuel sy eerste vervulling in Jesaja se dag gehad het.

      4 Kort nadat Jesaja hierdie merkwaardige aankondiging gemaak het, het sy vrou swanger geraak en vir hom ’n seun gebaar wat hulle Maher-Salal-Has-Bas genoem het. Een moontlikheid is dat hierdie kind die “Immanuel” was waarna Jesaja verwys het.a In Bybeltye is ’n baba soms by geboorte ’n naam gegee, dalk om ’n spesiale gebeurtenis te herdenk, maar het sy ouers en familielede hom op ’n ander naam genoem (2 Sam. 12:24, 25). Daar is geen bewyse dat Jesus ooit op die naam Immanuel aangespreek is nie.—Lees Jesaja 7:14; 8:3, 4.

  • Sewe herders, agt hertoë—Wat hulle vandag vir ons beteken
    Die Wagtoring — 2013 | November 15
    • a Die Hebreeuse woord wat in Jesaja 7:14 met “jong vrou” vertaal word, kan na ’n getroude vrou of ’n maagd verwys. Hierdie woord kan dus op Jesaja se vrou asook op die Joodse maagd Maria toegepas word.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel