-
Die nuwe wêreld—Sal jy daar wees?Die Wagtoring – 2000 | April 15
-
-
6. Wat voorspel ’n vierde profesie wat van die “nuwe hemele en ’n nuwe aarde” praat?
6 Kom ons kyk nou na die ander keer waar die uitdrukking “nuwe hemele en ’n nuwe aarde” gebruik word, in Jesaja 66:22-24: “Soos die nuwe hemel en die nuwe aarde wat Ek maak, voor my aangesig sal bestaan, spreek die HERE, so sal julle nageslag en julle naam bestendig wees. En elke maand op die nuwemaan en elke week op die sabbat sal alle vlees kom om te aanbid voor my aangesig, sê die HERE. En hulle sal uitgaan en die lyke sien van die mense wat teen My opgestaan het; want hulle wurm sal nie sterwe en hulle vuur sal nie uitgeblus word nie, en hulle sal afgryslik wees vir alle vlees.”
7. Waarom kan ons tot die gevolgtrekking kom dat Jesaja 66:22-24 ’n vervulling in die toekoms sal hê?
7 Hierdie profesie het ’n toepassing gehad op die Jode wat in hulle land hervestig is, maar dit sou nog ’n vervulling hê. Dit moes later plaasvind as toe Petrus se tweede brief en die boek Openbaring geskryf is, want dit het na ’n toekomstige ‘nuwe hemel en aarde’ verwys. Ons kan in die nuwe stelsel ’n groot en algehele vervulling daarvan verwag. Kyk na van die toestande waarna ons kan uitsien.
-
-
Die nuwe wêreld—Sal jy daar wees?Die Wagtoring – 2000 | April 15
-
-
9 Net so ook sal dié wat aan God getrou bly as deel van die nuwe aarde, die gemeenskap van ware aanbidders in die nuwe wêreld, as individue bestendig wees omdat hulle besig sal wees met rein aanbidding van die Skepper van alle dinge. Daardie aanbidding sal nie iets toevalligs wees nie. Volgens God se Wet, wat deur Moses aan Israel oorgedra is, was daar sekere dade van aanbidding wat maandeliks verrig moes word en deur die nuwe maan aangedui is, sowel as dade wat weekliks verrig moes word en deur die Sabbatdag aangedui is (Levitikus 24:5-9; Numeri 10:10; 28:9, 10; 2 Kronieke 2:4). Jesaja 66:23 voorspel dus gereelde en onafgebroke aanbidding van die ware God, week na week en maand na maand. Ateïsme en godsdienshuigelary sal dan nie bestaan nie. “Alle vlees [sal] kom om te aanbid voor” Jehovah.
-