-
Het Jesus ’n helse vuur bedoel?Die Wagtoring — 2008 | Junie 15
-
-
Maar vergelyk Jesus se woorde met die laaste vers van Jesaja se profesie.b Is dit nie duidelik dat Jesus gesinspeel het op die teks in Jesaja hoofstuk 66 nie? Hier verwys die profeet klaarblyklik na mense wat sou uitgaan uit “Jerusalem na die aangrensende Hinnomvallei (Gehenna), waar menseoffers vroeër gebring is (Jer. 7:31) en wat uiteindelik die stad se vullishoop geword het” (The Jerome Biblical Commentary). Dit is duidelik dat die simboliek in Jesaja 66:24 nie verwys na mense wat gefolter word nie; dit praat van lyke. Hier is dit die wurms—nie lewende mense of onsterflike siele nie—wat nie sterf nie. Wat beteken Jesus se woorde dan?
Let op die kommentaar oor Markus 9:48 in die Katolieke werk El evangelio de Marcos. Análisis lingüístico y comentario exegético, Deel II: “[Die] bewoording is ontleen aan Jesaja (66,24). Daar wys die profeet op die twee maniere waarop lyke gewoonlik vernietig is: ontbinding en verbranding . . . Die neweskikking in die teks van wurms en vuur versterk die idee van vernietiging. . . . Albei vernietigende kragte word as permanent beskryf (‘word nie geblus nie, gaan nie dood nie’): daar is eenvoudig geen manier om daaraan te ontkom nie. In hierdie beeld is die enigste oorlewendes die wurm en die vuur—nie die mens nie—en albei vernietig enigiets wat in hulle mag val. Dit is derhalwe nie ’n beskrywing van ewige foltering nie, maar een van algehele vernietiging wat, aangesien dit ’n opstanding uitsluit, op ewige dood neerkom. [Vuur] is dus ’n simbool van vernietiging.”
-
-
Het Jesus ’n helse vuur bedoel?Die Wagtoring — 2008 | Junie 15
-
-
b “Hulle sal uitgaan en die lyke aanskou van die mense wat teen my oortree het; want die wurms op hulle sal nie sterf nie en hulle vuur sal nie uitgeblus word nie, en hulle moet iets afstootliks vir alle vlees word.”—Jes. 66:24.
-