-
Wat gebeur wanneer ons sterf?Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
-
-
2. Hoe help dit ons wanneer ons die waarheid oor die dood weet?
Baie mense is bang om dood te gaan – en selfs bang vir die dooies! Maar jy kan vertroos word deur wat die Bybel oor die dood sê. Jesus het gesê: “Die waarheid sal julle vrymaak” (Johannes 8:32). Party godsdienste leer dat ’n persoon ’n siel het wat aanhou lewe nadat hy gesterf het, maar dit is nie wat die Bybel leer nie. So niemand ly nadat hulle gesterf het nie. En omdat die dooies nie van enige iets weet nie, kan hulle niks slegs aan ons doen nie. Daarom hoef ons nie die dooies te aanbid of dinge te doen sodat hulle nie vir ons kwaad sal wees nie, en ons hoef ook nie vir hulle te bid nie.
Party mense sê dat hulle met die dooies kan kommunikeer. Maar dit is onmoontlik. Ons het nou net geleer dat die dooies “absoluut niks [weet] nie”. Mense wat dink dat hulle kommunikeer met familie en vriende wat gesterf het, kommunikeer dalk eintlik met demone wat maak asof hulle mense is wat gesterf het. So wanneer ons weet wat die waarheid oor die dood is, beskerm dit ons teen die demone. Jehovah waarsku ons en sê dat ons nie met die dooies moet probeer kommunikeer nie, want hy weet dat kontak met die demone vir ons sleg sal wees. – Lees Deuteronomium 18:10-12.
-
-
Wat gebeur wanneer ons sterf?Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
-
-
4. Die waarheid oor die dood help ons
Wanneer ons weet wat die waarheid oor die dood is, help dit ons om nie bang te wees vir die dooies nie. Lees Prediker 9:10, en bespreek dan hierdie vraag:
Kan die dooies iets slegs aan ons doen?
Die waarheid in die Bybel beskerm ons ook teen die leuen dat die dooies aanbid moet word of dat ons dinge vir hulle moet doen sodat hulle nie kwaad word vir ons nie. Lees Jesaja 8:19 en Openbaring 4:11, en bespreek dan hierdie vraag:
Hoe dink jy voel Jehovah oor ’n persoon wat die dooies aanbid of wat hulle hulp vra?
Die waarheid oor die dood maak ons vry van gebruike waarmee Jehovah nie tevrede is nie
-