Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Die belofte van ’n Vredevors
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom I
    • 15, 16. (a) In watter “latere tyd” sal die situasie vir “die gebied van Sebulon en Naftali” verander? (b) Hoe word die land wat met veragting bejeën is tot eer gebring?

      15 Die apostel Matteus beantwoord hierdie vraag in sy geïnspireerde verslag van Jesus se aardse bediening. Wanneer Matteus die vroeë dae van daardie bediening beskryf, sê hy: “Nadat hy Nasaret verlaat het, [het Jesus hom] in Kapernaum by die see in die gebied van Sebulon en Naftali kom vestig, sodat vervul sou word wat deur middel van Jesaja, die profeet, gespreek is, wat gesê het: ‘O land van Sebulon en land van Naftali, aan die seepad, aan die oorkant van die Jordaan, Galilea van die nasies! die volk wat in die duisternis gesit het, het ’n groot lig gesien, en dié wat in ’n streek van doodskaduwee gesit het, oor hulle het die lig opgegaan.’”—Matteus 4:13-16.

  • Die belofte van ’n Vredevors
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom I
    • Die “groot lig”

      17. Hoe skyn “’n groot lig” in Galilea?

      17 Wat dan van Matteus se vermelding van “’n groot lig” in Galilea? Dit was ook ’n aanhaling uit Jesaja se profesie. Jesaja het geskryf: “Die volk wat in die duisternis gewandel het, het ’n groot lig gesien. Wat dié betref wat in die land van diep skaduwee woon, lig het oor hulle geskyn” (Jesaja 9:2). Teen die eerste eeu G.J. is die lig van die waarheid deur heidense valshede verberg. Joodse godsdiensleiers het die probleem vererger deur aan hulle godsdienstradisies vas te hou waardeur hulle “die woord van God kragteloos gemaak” het (Matteus 15:6). Nederiges was verdruk en verward en het “blinde gidse” gevolg (Matteus 23:2-4, 16). Toe Jesus die Messias verskyn het, is die oë van talle nederige mense op ’n wonderlike manier geopen (Johannes 1:9, 12). Jesus se werk terwyl hy op die aarde was en die seëninge wat uit sy offerande voortvloei, word tereg in Jesaja se profesie as “’n groot lig” beskryf.—Johannes 8:12.

  • Die belofte van ’n Vredevors
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom I
    • [Prent op bladsy 127]

      Jesus was ’n lig in die land

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel