Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • “God is liefde”
    Die Wagtoring – 2003 | Julie 1
    • 16. Waarom kan ons, wanneer Jehovah ons sondes vergewe, verseker voel dat hy ons daarna as rein beskou?

      16 Het jy al ooit probeer om ’n vlek uit ’n ligkleurige kledingstuk te verwyder? Ondanks al jou pogings kon die vlek dalk nog steeds gesien word. Let op hoe Jehovah sy vergewensgesindheid beskryf: “Al sou julle sondes soos skarlaken wees, dit sal wit soos sneeu gemaak word; al sou dit rooi soos karmosyn stof wees, dit sal soos wol word” (Jesaja 1:18). Die woord “skarlaken” verwys na ’n helderrooi kleur.a “Karmosyn” was een van die diep kleure waarmee stowwe gekleur is. Ons kan nooit die vlek van sonde deur ons eie pogings verwyder nie. Maar Jehovah kan sondes wat soos skarlaken en karmosyn is, so wit soos sneeu of ongekleurde wol maak. Wanneer Jehovah dus ons sondes vergewe, hoef ons nie te voel dat ons vir die res van ons lewe die vlek van hierdie sondes dra nie.

  • “God is liefde”
    Die Wagtoring – 2003 | Julie 1
    • a Een geleerde sê dat skarlaken “kleurvas of kleurhoudend was. Nie dou, of reën, of wassery of lang gebruik kon die kleur verwyder nie.”

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel