-
Moenie die Assiriër vrees nieJesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom I
-
-
Koning Agas probeer om sekuriteit te verkry deur hom tot Assirië te wend om hulp. Die profeet Jesaja voorspel dat die tyd sal kom wanneer die oorlewendes van die huis van Israel nooit weer so ’n sinlose weg sal inslaan nie. Jesaja 10:20 sê dat hulle ‘in waaragtigheid op Jehovah, die Heilige van Israel, sal steun’. Vers 21 toon egter dat daar net ’n klein aantal sal wees wat dit doen: “Net ’n oorblyfsel sal terugkeer.” Dit herinner ons aan Jesaja se seun Sear-Jasub, wat ’n teken in Israel is en wie se naam “Net ’n oorblyfsel sal terugkeer” beteken (Jesaja 7:3). Vers 22 van hoofstuk 10 waarsku van ’n komende “uitroeiing” waarop besluit is. So ’n uitroeiing sal regverdig wees omdat dit ’n regverdige straf is oor ’n opstandige volk. Gevolglik sal net ’n oorblyfsel terugkeer uit ’n nasie wat so dig bevolk is “soos die sandkorrels van die see”. Vers 23 waarsku dat hierdie komende uitroeiing ’n uitwerking op die hele land sal hê. Jerusalem sal hierdie keer nie gespaar word nie.
-
-
Moenie die Assiriër vrees nieJesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom I
-
-
Die profesie in Jesaja 10:20-23 het in die eerste eeu ’n verdere vervulling gehad, soos ons in Romeine 9:27, 28 kan lees. (Vergelyk Jesaja 1:9; Romeine 9:29.) Paulus verduidelik dat ’n “oorblyfsel” Jode in die eerste eeu G.J. in geestelike sin na Jehovah ‘teruggekeer’ het, deurdat ’n klein aantal getroue Jode volgelinge van Jesus Christus geword het en Jehovah “met gees en waarheid” begin aanbid het (Johannes 4:24). Gelowige nie-Jode het later by hulle aangesluit en het ’n geestelike nasie, “die Israel van God”, uitgemaak (Galasiërs 6:16). By hierdie geleentheid is die woorde van Jesaja 10:20 vervul: ’n Nasie wat aan Jehovah toegewy is, het “nooit weer” van hom weggedraai en by mense ondersteuning gesoek nie.
-