Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Redding en vreugde onder die Messias se heerskappy
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom I
    • 4, 5. Wat het Jesaja aangaande die koms van die Messias voorspel, en hoe het Matteus Jesaja se woorde blykbaar toegepas?

      4 Eeue voor Jesaja se tyd het ander Hebreeuse Bybelskrywers die aandag gevestig op die koms van die Messias, die ware Leier, wat Jehovah na Israel sou stuur (Genesis 49:10; Deuteronomium 18:18; Psalm 118:22, 26). Jehovah gebruik Jesaja nou om verdere besonderhede by te voeg. Jesaja skryf: “Daar sal ’n takkie uit die stomp van Isai voortkom; en uit sy wortels sal ’n spruit vrugbaar wees.” (Jesaja 11:1; vergelyk Psalm 132:11.) “Takkie” en “spruit” toon albei dat die Messias die afstammeling van Isai sou wees, deur sy seun Dawid, wat met olie as koning van Israel gesalf is (1 Samuel 16:13; Jeremia 23:5; Openbaring 22:16). Wanneer die ware Messias kom, sal hierdie “spruit”, uit die huis van Dawid, goeie vrugte voortbring.

      5 Die beloofde Messias is Jesus. Die evangelieskrywer Matteus het na die woorde van Jesaja 11:1 verwys toe hy gesê het dat die woorde van die profete vervul is in die feit dat Jesus “’n Nasarener” genoem is. Omdat hy in die dorp Nasaret grootgemaak is, is Jesus ’n Nasarener genoem, ’n naam wat blykbaar verwant is aan die Hebreeuse woord wat in Jesaja 11:1 vir “spruit” gebruik word.b—Matteus 2:23, voetnoot in naslaanuitgawe; Lukas 2:39, 40.

  • Redding en vreugde onder die Messias se heerskappy
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom I
    • b Die Hebreeuse woord vir “spruit” is neʹtser, en vir “Nasarener” is dit Nots·riʹ.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel