Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Redding en vreugde onder die Messias se heerskappy
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom I
    • 6. Watter soort heerser sal die Messias volgens die profesie wees?

      6 Watter soort heerser sal die Messias wees? Sal hy soos die wrede, eiesinnige Assiriër wees wat die noordelike tienstammeryk van Israel vernietig? Natuurlik nie. Jesaja sê van die Messias: “Op hom sal die gees van Jehovah rus, die gees van wysheid en van begrip, die gees van raad en van mag, die gees van kennis en van die vrees van Jehovah; en hy sal vreugde vind in die vrees van Jehovah” (Jesaja 11:2, 3a). Die Messias word nie met olie gesalf nie, maar met God se heilige gees. Dit gebeur wanneer Jesus gedoop word, wanneer Johannes die Doper sien hoe God se heilige gees in die vorm van ’n duif op Jesus neerdaal (Lukas 3:22). Jehovah se gees “rus” op Jesus, en hy lewer bewys hiervan wanneer hy met wysheid, verstand, raad, mag en kennis optree. Watter uitstekende eienskappe is dit tog vir ’n heerser!

  • Redding en vreugde onder die Messias se heerskappy
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom I
    • 8. Hoe vind Jesus vreugde in die vrees van Jehovah?

      8 Wat is die vrees van Jehovah wat die Messias aan die dag lê? Jesus is beslis nie bang vir God, bevrees dat hy hom sal veroordeel nie. Nee, die Messias het ’n eerbiedige, liefdevolle ontsag vir God. ’n Godvresende persoon wil, net soos Jesus, altyd “die dinge doen wat hom behaag” (Johannes 8:29). Jesus leer ons deur sy woord en voorbeeld dat daar geen groter vreugde is as om elke dag in die heilsame vrees van Jehovah te wandel nie.

      ’n Regverdige en barmhartige regter

      9. Watter voorbeeld stel Jesus vir diegene wat sake in die Christengemeente moet beoordeel?

      9 Jesaja voorspel watter ander eienskappe die Messias sou hê: “Hy sal nie oordeel net volgens wat sy oë sien nie, en ook nie teregwys net volgens wat sy ore hoor nie” (Jesaja 11:3b). Sou jy nie dankbaar wees vir so ’n regter as jy in die hof moes verskyn nie? In sy hoedanigheid as Regter van die hele mensdom, word die Messias nie beïnvloed deur valse redenasies, slim hoftaktiek, gerugte of oppervlakkige faktore, soos rykdom, nie. Hy laat hom nie bedrieg nie en kyk verby ’n onaantreklike uiterlike en sien “die geheime persoon van die hart”, “die verborge mens” (1 Petrus 3:4, voetnoot in naslaanuitgawe). Jesus se voortreflike voorbeeld is die model vir almal wat sake in die Christengemeente moet beoordeel.—1 Korintiërs 6:1-4.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel