-
Jehovah verneder ’n hoogmoedige stadJesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom I
-
-
17, 18. Watter seëninge sal die vernietiging van Babilon vir Israel inhou?
17 Babilon se val sal vir Israel ’n verligting wees. Dit sal beteken dat hulle uit gevangenskap vrygelaat sal word en die geleentheid sal kry om na die Beloofde Land terug te keer. Daarom sê Jesaja nou: “Jehovah sal barmhartigheid aan Jakob bewys, en hy sal Israel beslis nog uitkies; en hy sal hulle rus in hulle land gee, en die inwonende vreemdeling sal by hulle gevoeg word, en hulle sal hulle by die huis van Jakob aansluit. En volke sal hulle neem en hulle na hulle eie plek bring, en die huis van Israel sal hulle vir hulle neem as ’n besitting in die land van Jehovah, as diensknegte en as diensmeisies; en hulle sal die gevangenemers word van dié wat hulle gevange hou, en hulle sal dié wat hulle gedryf het om te werk, in onderworpenheid hê” (Jesaja 14:1, 2). “Jakob” verwys hier na Israel as ’n geheel—al 12 stamme. Jehovah sal barmhartigheid aan “Jakob” bewys deur die nasie toe te laat om terug te keer na hulle tuiste. Duisende vreemdelinge sal saam met hulle gaan, en baie van hulle sal die Israeliete as tempelbediendes dien. Party Israeliete sal uiteindelik selfs gesag hê oor dié wat hulle vroeër gevange gehou het.c
-
-
Jehovah verneder ’n hoogmoedige stadJesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom I
-
-
c Daniël is byvoorbeeld onder die Mede en die Perse as ’n hoë amptenaar in Babilon aangestel. En omtrent 60 jaar later het Ester die koningin geword van die Persiese koning Ahasveros, en Mordegai het die eerste minister van die hele Persiese Ryk geword.
-