-
’n Boek van profesieë’n Boek vir alle mense
-
-
Eertydse Babilon het “die sieraad van die koninkryke” geword (Jesaja 13:19). Hierdie uitgestrekte stad was strategies geleë op die handelsroete tussen die Persiese Golf en die Middellandse See en het as ’n handelsdepot vir handel op see en land tussen die Ooste en die Weste gedien.
Teen die sewende eeu v.G.J. was Babilon die oënskynlik onoorwinlike hoofstad van die Babiloniese Ryk. Die stad het weerskante van die Eufraatrivier gelê, en die rivier se water is gebruik om ’n wye, diep grag en ’n netwerk van kanale te vorm. Daarbenewens is die stad deur ’n enorme stelsel van dubbele mure beskerm wat deur talle verdedigingstorings versterk is. Dit is geen wonder nie dat die inwoners veilig gevoel het.
Maar in die agtste eeu v.G.J., voordat Babilon tot die hoogtepunt van sy roem gestyg het, het die profeet Jesaja voorspel dat Babilon ‘met die besem van verdelging weggevee’ sou word (Jesaja 13:19; 14:22, 23). Jesaja het ook beskryf presies hoe Babilon tot ’n val sou kom. Die invallers sou sy riviere—die bron van sy gragagtige verdediging—laat ‘opdroog’, wat die stad kwesbaar sou laat. Jesaja het selfs die naam van die veroweraar gemeld—“Kores”, ’n groot Persiese koning, “voor wie Hy deure oopmaak en poorte nie gesluit laat bly nie”.—Jesaja 44:27–45:2, NAV.
-
-
’n Boek van profesieë’n Boek vir alle mense
-
-
“Mense sal daar in ewigheid nie woon nie”
Wat sou ná Babilon se val daarvan word? Jesaja het voorspel: “Mense sal daar in ewigheid nie woon nie, en dit sal van geslag tot geslag nie bewoon word nie; en die Arabier sal daar geen tent opslaan nie, en geen herders sal hulle vee daar laat lê en rus nie” (Jesaja 13:20). Dit het om die minste te sê dalk vreemd gelyk om te voorspel dat ’n stad wat so gunstig geleë is permanent onbewoon gelaat sou word. Is dit moontlik dat Jesaja se woorde geskryf is nadat hy ’n verlate Babilon gesien het?
Ná Kores se oorname is Babilon nog eeue lank bewoon—hoewel die stad baie minder indrukwekkend was. Hou in gedagte dat die Dooie See-rolle ’n afskrif van die hele boek Jesaja ingesluit het wat uit die tweede eeu v.G.J. dateer. Omstreeks die tyd dat daardie rol oorgeskryf is, het die Parters beheer oor Babilon oorgeneem. In die eerste eeu G.J. was daar ’n Joodse nedersetting in Babilon, en die Bybelskrywer Petrus het daar besoek afgelê (1 Petrus 5:13). Teen dié tyd het die Dooie See-rol van Jesaja al byna twee eeue bestaan. Babilon was dus in die eerste eeu G.J. nog nie ten volle verlate nie, en tog is Jesaja se boek lank tevore voltooi.a
Soos voorspel is, het Babilon uiteindelik blote “kliphope” geword (Jeremia 51:37). Volgens die Hebraïkus Hieronimus (vierde eeu G.J.) was Babilon teen sy tyd ’n jagveld waarin “allerhande diere” rondgedwaal het.9 Babilon is tot vandag toe nog verlate.
Jesaja het nie meer gelewe toe Babilon onbewoon geword het nie. Maar die ruïnes van daardie eens magtige stad, ongeveer 80 kilometer suid van Bagdad, in hedendaagse Irak, dien as stille getuie van die vervulling van sy woorde: “Mense sal daar in ewigheid nie woon nie.” Enige pogings om Babilon as ’n toeriste-aantreklikheid te herstel, sal dalk besoekers lok, maar Babilon se “kroos en nageslag” is vir ewig nie meer daar nie.—Jesaja 13:20; 14:22, 23.
Die profeet Jesaja het dus nie vae voorspellings geuiter wat op sommer enige toekomstige gebeurtenis toegepas kon word nie. En hy het ook nie die geskiedenis oorgeskryf om dit na profesieë te laat lyk nie. Dink hieroor na: Waarom sou ’n bedrieër dit waag om te “profeteer” oor iets waaroor hy absoluut geen beheer sou hê nie—dat die magtige Babilon nooit weer bewoon sou word nie?
-