Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Ons dien saam met die wag
    Die Wagtoring – 2000 | Januarie 1
    • 6. Watter goeie nuus het Jehovah se profetiese wag aangekondig, en wanneer is dit vervul?

      6 Wat ’n oorwinning was dit tog vir valse godsdiens! Maar Babilon se oorheersing was van korte duur. Ongeveer 200 jaar voor die gebeurtenis het Jehovah beveel: “Gaan, sit ’n wag uit, sodat hy kan sê presies wat hy sien.” Watter nuus het hierdie wag gehad om aan te kondig? “Dit het geval! Babilon het geval, en al die gesnede beelde van sy gode het Hy teen die grond verbrysel!” (Jesaja 21:6, 9, NW). Ja waarlik, in 539 v.G.J. is die profetiese verklaring bewaarheid. Die magtige Babilon het geval, en God se verbondsvolk kon kort daarna na hulle vaderland terugkeer.

  • Ons dien saam met die wag
    Die Wagtoring – 2000 | Januarie 1
    • 13. (a) Watter boodskap het Jehovah se wag bekend gemaak? (b) Hoe kan daar gesê word dat Babilon die Grote geval het?

      13 Wat het hierdie wag gesien? Jehovah se wag, sy getuieklas, het weer eens aangekondig: “Dit het geval! Babilon het geval, en al die gesnede beelde van sy gode het Hy [Jehovah] teen die grond verbrysel!” (Jesaja 21:9, NW). Dié keer, ná die Eerste Wêreldoorlog, is dit Babilon die Grote, die wêreldryk van valse godsdiens, wat van haar hoë gesagsposisie af tot ’n val gebring word (Jeremia 50:1-3; Openbaring 14:8). Dit is geen wonder nie! Die Groot Oorlog, soos dit destyds genoem is, het in die Christelike wêreld begin, waar die geestelikes aan albei kante die oorlogsbrand aangeblaas het deur met hulle preke die room van hulle jeug na die oorlogsveld te stuur. Wat ’n skande tog! In 1919 kon Babilon die Grote nie keer dat die Bybelstudente, soos Jehovah se Getuies destyds bekend was, uit hulle onbedrywige toestand kom en ’n wêreldwye getuieniskampanje onderneem wat nog steeds aan die gang is nie (Matteus 24:14). Dit het ’n val vir Babilon die Grote aangekondig, net soos die bevryding van Israel in die sesde eeu v.G.J. ’n val vir eertydse Babilon aangekondig het.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel