-
Lesse oor ontrouheidJesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom I
-
-
19, 20. (a) Hoe sal Eljakim ’n seën vir sy volk wees? (b) Wat sal met dié gebeur wat nog op Sebna staatmaak?
19 Ten slotte gebruik Jehovah beeldspraak om te beskryf hoe die mag van Sebna na Eljakim oorgedra sal word. Hy sê: “‘Ek sal hom [Eljakim] inslaan soos ’n pen in ’n vaste plek, en hy sal ’n troon van heerlikheid vir die huis van sy vader word. En hulle sal al die heerlikheid van die huis van sy vader aan hom hang, die nakomelinge en die lote, al die klein houers, die bakvormige houers sowel as die groot kruikhouers. In dié dag’, is die woord van Jehovah van die leërs, ‘sal die pen [Sebna] wat in ’n vaste plek ingeslaan is, verwyder word, en dit sal afgekap word en val, en die vrag wat daaraan hang, sal afgesny word, want Jehovah het dit gespreek.’”—Jesaja 22:23-25.
20 In hierdie verse is Eljakim die eerste pen. Hy sal “’n troon van heerlikheid” vir die huis van sy vader, Hilkia, word. Anders as Sebna sal hy nie sy vader se huis of reputasie oneer aandoen nie. Eljakim sal ’n blywende ondersteuning vir huishoudelike houers wees, dit wil sê vir ander wat in die koning se diens is (2 Timoteus 2:20, 21). Die tweede pen verwys egter na Sebna. Hoewel dit lyk of hy veilig is in sy posisie, sal hy verwyder word. Enigiemand wat nog op hom staatmaak, sal val.
-
-
Lesse oor ontrouheidJesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom I
-
-
[Prent op bladsy 239]
Hiskia maak Eljakim “’n pen in ’n vaste plek”
-