-
Vrede—die werklikheidDie Wagtoring – 1989 | Desember 15
-
-
“[2] En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die HERE vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en al die nasies sal daarheen toestroom. [3] En baie volke sal heengaan en sê: Kom laat ons optrek na die berg van die HERE, na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die HERE uit Jerusalem. [4] En Hy sal oordeel tussen die nasies en regspreek oor baie volke; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie.”
Ons moet eerstens erken dat ons Skepper, Jehovah, die reg het om ons “sy weë [te] leer” wat, soos Jesaja later geskryf het, ‘hoër as ons weë’ is (Jesaja 55:9). Baie mense, veral hoogmoedige wêreldleiers, vind dit moeilik om dit te erken. Net hulle eie weë is reg in hulle oë. Nietemin bewys die feit dat hulle weë nie tot wêreldvrede en ontwapening gelei het nie sekerlik hoe nutteloos dit is om so ’n weg te bly volg.
Let tweedens op die opregte begeerte wat individue moet hê om hulle na God se wette te skik: ‘Dat ons in sy paaie kan wandel’. Slegs op daardie basis sal daar op ’n aardwye skaal van swaarde pikke en van spiese snoeimesse gesmee word. Hoe kan so ’n wenslike doel ooit bereik word?
Goddelike onderrig
Baie mense het vandag ’n eksemplaar van die Bybel, die boek wat Jehovah God se instruksies bevat, maar meer word vereis as die blote besit daarvan. Jesaja sê dat Jehovah se wet en woorde van “Jerusalem” uitgaan. Wat beteken dit? In Jesaja se dag was die letterlike stad die bron van koninklike gesag waartoe alle getroue Israeliete hulle gewend het (Jesaja 60:14). Later, in die tyd van Jesus Christus se apostels, was Jerusalem steeds die bron van instruksies wat van die Christenbestuursliggaam in daardie stad afkomstig was.—Handelinge 15:2; 16:4.
-
-
Vrede—die werklikheidDie Wagtoring – 1989 | Desember 15
-
-
Die profeet sê dat “die berg van die huis van die HERE [sal] vasstaan op die top van die berge” en “verhewe [sal] wees bo die heuwels”. In die ou tye is afgodsdiens op party berge en heuwels beoefen en is heiligdomme vir valse gode daar opgerig. Toe koning Dawid die heilige Ark na die tent gebring het wat hy op die berg Sion (Jerusalem), sowat 760 meter bo die seespieël, opgeslaan het, het hy dit blykbaar onder goddelike leiding gedoen. Later, toe die groot tempel van Jehovah op die berg Moria gebou is, het die term “Sion” die tempelligging ingesluit, sodat die tempel hoër as party van die omliggende heidense plekke geleë was. Jerusalem self is ook sy “heilige berg” genoem; aanbidding van Jehovah het dus ’n verhewe posisie bly beklee.—Jesaja 8:18; 66:20.
Die aanbidding van Jehovah God het vandag eweneens soos ’n simboliese berg verhewe geword. Almal kan die verhewenheid daarvan sien, omdat dit iets gedoen het wat geen ander godsdiens kon doen nie. Wat is dit? Dit het alle aanbidders van Jehovah verenig, en hulle het gewillig van hulle swaarde pikke gesmee en leer nie meer om oorlog te voer nie. Nasionale en rasseskeidslyne verdeel hulle nie meer nie. Hulle lewe as ’n verenigde volk, ’n broederskap, al is hulle deur al die nasies van die wêreld versprei.—Psalm 33:12.
-