-
Vertrou op Jah Jehovah!Die Wagtoring – 1988 | Januarie 15
-
-
1, 2. Watter jubelende loflied is in Jesaja 26:1-6 opgeteken, en waarom?
DIE vernedering van die “dorp van tirannieke nasies” vereis ’n oorwinningslied! (Jesaja 25:3, vgl. NW). ’n Jubelende loflied tot die Soewereine Heer Jehovah is dus gepas in die profesie in Jesaja hoofstuk 26, verse 1 tot 6 (NW), opgeteken. Dit word selfs nou “in die land Juda” gesing, en Juda beteken “Geprese”. Hier gebruik die King James Version weer eens die uitdrukking “die HERE JEHOVAH” waar die goddelike naam verdubbel word. Maar hoeveel treffender is die woorde van daardie lied tog soos dit in die New World Translation voorkom, waar die goddelike naam hier en op alle ander plekke korrek weergegee word!
2 Luister nou na daardie melodieuse lied: “Ons het ’n sterk stad. Hy [Jehovah] stel redding tot mure en ’n skans. Maak oop die poorte, sodat die regverdige nasie, wat getroue gedrag bewaar, kan binnegaan. Die standvastige gesindheid sal hy beveilig in voortdurende vrede, omdat ’n mens beweeg word om op u te vertrou. Vertrou op Jehovah vir altyd, want in Jah Jehovah is die Rots van onbepaalde tye. Want hy het die bewoners van die hoogte, die verhewe dorp, neergewerp. Hy verneder dit, hy verneder dit tot op die aarde; hy bring dit in aanraking met die stof. Die voet sal dit vertrap, die voete van die geteisterdes, die voetstappe van die geringes.” Dit is voorwaar ’n vreugde om onder diegene te wees wat vertroue openbaar en nou hierdie lied sing—Jehovah se Getuies!
-
-
Vertrou op Jah Jehovah!Die Wagtoring – 1988 | Januarie 15
-
-
4, 5. (a) Wat is “die verhewe dorp”, en hoe vertrap Jehovah se volk dit figuurlik gesproke? (b) Wanneer ondergaan die profesie van Jesaja 26:10 sy vernaamste vervulling, en hoe? (c) Watter ander toepassing het hierdie profesie?
4 Terwyl ons die waarskuwing gee dat Jehovah op die punt staan om “die verhewe dorp”, “Babilon die Grote”, te verneder, is dit bemoedigend om te sien hoe die geteisterdes en geringes van die aarde die goeie nuus van die Koninkryk aanneem (Openbaring 18:2, 4, 5, vgl. NW). Figuurlik gesproke vertrap hulle ook daardie “verhewe dorp”, nie deur aan die vernietigingswerk deel te neem nie, maar deur die dag van Jehovah se wraak op daardie verdorwe stelsel te verkondig (Jesaja 61:1, 2). Jehovah se Getuies betoon nou al dekades lank selfs aan die goddeloses vriendelikheid deur hulle tuis met die lewensreddende Koninkryksboodskap te besoek. Maar die gevolg is soos in Jesaja 26:10 (NW) opgeteken is: “Al sou die goddelose guns betoon word, sal hy eenvoudig geen regverdigheid leer nie. In die land van opregtheid sal hy onreg pleeg en hy sal die verhewenheid van Jehovah nie sien nie.”
-