-
’n Terugkeer tot die ware GodDie mensdom se soeke na God
-
-
3, 4. (a) Wat het Jesaja aangaande “die einde van die dae” voorspel? (b) Watter vrae moet beantwoord word?
3 Meer as 700 jaar voor Christus het Jesaja voorspel dat mense uit alle nasies na Jehovah se ware aanbidding sou stroom en nie meer sou leer om oorlog te voer nie. Hy het gesê: “En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die HERE vasstaan op die top van die berge . . . en al die nasies sal daarheen toestroom. En baie volke sal heengaan en sê: Kom laat ons optrek na die berg van die HERE, na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die HERE uit Jerusalem. En Hy sal oordeel tussen die nasies en regspreek oor baie volke; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie.”a—Jesaja 2:2-4.
4 Watter godsdiens in die wêreld het by uitstek aan hierdie vereistes voldoen? Wie het ondanks gevangenisse, konsentrasiekampe en doodvonnisse geweier om te leer om oorlog te voer?
Christelike liefde en neutraliteit
5. Watter reputasie het Jehovah se Getuies as individue ten opsigte van Christelike neutraliteit opgebou, en waarom?
5 Jehovah se Getuies is oor die hele wêreld bekend vir die feit dat hulle as individue gewetensgetrou Christelike neutraliteit handhaaf. Hulle het dwarsdeur die 20ste eeu aanhouding in gevangenisse en konsentrasiekampe, marteling, deportasie en vervolging verduur omdat hulle geweier het om hulle liefde en eenheid as ’n wêreldwye gemeente van Christene wat na aan God is op te offer. In Nazi-Duitsland het ongeveer duisend Getuies in die tydperk 1933-45 gesterf en is duisende opgesluit weens hulle weiering om Hitler se oorlogspoging te steun. Honderde jong Getuies is eweneens in die eens Fascistiese Spanje onder Franco opgesluit en baie het gemiddeld tien jaar elk in militêre gevangenisse deurgebring eerder as om te leer om oorlog te voer. Vandag nog word talle jong Getuies van Jehovah in etlike lande in gevangenisse opgesluit weens hulle standpunt ten opsigte van Christelike neutraliteit. Maar Jehovah se Getuies meng hulle nie in die regerings se militêre programme in nie. Die Getuies se onversetlike Christelike neutraliteit wat politieke aangeleenthede betref, was een van hul onveranderlike opvattings deur al die konflikte en oorloë van die 20ste eeu heen. Dit kenmerk hulle as ware volgelinge van Christus en skei hulle af van die Christendom se godsdienste.—Johannes 17:16; 2 Korinthiërs 10:3-5.
6, 7. Wat verstaan Jehovah se Getuies aangaande die Christelike godsdiens?
6 Deur die Bybel te gehoorsaam en die voorbeeld van Christus na te volg, toon Jehovah se Getuies dat hulle die aanbidding van die ware God, Jehovah, beoefen. Hulle herken God se liefde soos weerpieël deur die lewe en offer van Jesus. Hulle verstaan dat ware Christelike liefde ’n onverbreeklike wêreldwye broederskap meebring—wat bo politieke, rasse- en nasionale grense uitstyg. Met ander woorde, die Christelike godsdiens is meer as internasionaal; dit is supranasionaal, dit styg uit bo nasionale grense, gesag of belange. Dit beskou die menseras as een gesin met ’n gemeenskaplike voorvader en met ’n gemeenskaplike Skepper, Jehovah God.—Handelinge 17:24-28; Kolossense 3:9-11.
-
-
’n Terugkeer tot die ware GodDie mensdom se soeke na God
-
-
a Hierdie laaste twee sinne verskyn op die “Jesaja-muur” voor die VV-gebou sowel as op ’n standbeeld in die VV-tuin. Die vervulling daarvan is in werklikheid een van die VV se doelwitte.
-
-
’n Terugkeer tot die ware GodDie mensdom se soeke na God
-
-
[Prente op bladsy 346]
Die VV se vredestatuut sê: “Ons sal van ons swaarde pikke smee”; die “Jesaja-muur” gee die Bybelse teks
-