Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Die koning en sy vorste
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom I
    • 5-7. Watter rol vervul die voorspelde “vorste” in God se kudde?

      5 Maar solank die huidige liefdelose wêreld bestaan, het lede van die groot skare beskerming nodig. Dit word in groot mate voorsien deur die “vorste” wat “vir geregtigheid heers”. Wat ’n wonderlike reëling! Jesaja se profesie gee verdere besonderhede oor hierdie “vorste”: “Elkeen sal soos ’n skuilplek teen die wind en ’n skuiling teen die reënstorm wees, soos waterstrome in ’n waterlose land, soos die skaduwee van ’n groot, swaar rots in ’n uitgeputte land.”—Jesaja 32:2.

      6 Nou, in hierdie tyd van wêreldwye benoudheid, is daar ’n behoefte aan “vorste”, ja, ouer manne wat ‘op die hele kudde sal let’ deur vir Jehovah se skape te sorg en geregtigheid in ooreenstemming met Jehovah se regverdige beginsels toe te pas (Handelinge 20:28). Hierdie “vorste” moet aan die vereistes voldoen wat in 1 Timoteus 3:2-7 en Titus 1:6-9 uiteengesit word.

      7 In sy groot profesie wat die angswekkende “voleinding van die stelsel van dinge” beskryf het, het Jesus gesê: “Sorg dat julle nie verskrik word nie” (Matteus 24:3-8). Waarom word Jesus se volgelinge nie verskrik deur die gevaarlike wêreldtoestande van vandag nie? Een rede is dat die “vorste”—hetsy hulle gesalfdes of “ander skape” is—die kudde lojaal beskerm (Johannes 10:16). Hulle sorg onbevrees vir hulle broers en susters, selfs ten spyte van verskriklike toestande soos etniese oorloë en volksmoorde. In ’n geestelik uitgeputte wêreld sorg hulle dat terneergedrukte siele verkwik word deur die opbouende waarhede van God se Woord, die Bybel.

      8. Hoe lei Jehovah die “vorste” onder die ander skape op, en hoe gebruik hy hulle?

      8 Die “vorste” het gedurende die afgelope 50 jaar duidelik te voorskyn gekom. “Vorste” onder die ander skape word opgelei om ’n “owerste”-klas te vorm sodat bekwame manne onder hulle ná die groot verdrukking gereed sal wees om in die administrasie van die “nuwe aarde” aangestel te word (Esegiël 44:2, 3; 2 Petrus 3:13). Deur geestelike leiding en verkwikking te voorsien terwyl hulle die voortou neem in Koninkryksdiens, toon hulle dat hulle “soos die skaduwee van ’n groot, swaar rots” is en bring hulle verligting vir die kudde waar hulle aanbid.b

      9. Watter toestande toon dat “vorste” vandag nodig is?

      9 In hierdie moeilike laaste dae van Satan se goddelose wêreld het toegewyde Christene hierdie beskerming werklik nodig (2 Timoteus 3:1-5, 13). Valse leerstellings en verdraaide propaganda waai soos sterk winde oor die aarde. Storms woed in die vorm van oorloë tussen nasies sowel as burgeroorloë asook direkte aanvalle op getroue aanbidders van Jehovah God. In ’n wêreld wat deur geestelike droogte geteister word, het Christene die waterstrome van suiwer, onvervalste waarheid uiters nodig om hulle geestelike dors te les. Gelukkig het Jehovah belowe dat sy heersende Koning in hierdie moeilike tyd aanmoediging en leiding aan neerslagtiges en mismoediges sal voorsien deur middel van sy gesalfde broers sowel as die “vorste” onder die ander skape wat hulle ondersteun. Jehovah sal dus toesien dat regverdigheid en reg sal seëvier.

  • Die koning en sy vorste
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom I
    • [Prente op bladsy 333]

      Elke ‘vors’ is soos ’n skuilplek teen die wind, ’n skuiling teen die reën, water in die woestyn en skaduwee teen die son

Afrikaanse publikasies (1975-2027)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel