-
“Laat ons asseblief terugkom huis toe”Die Wagtoring — 2012 | April 1
-
-
“Ek sal my beslis oor hom ontferm”
Jehovah het ’n spesiale band met die Israeliete gehad. Hy het gesê: “Ek het vir Israel ’n Vader geword; en wat Efraim betref, hy is my eersgeborene” (Jeremia 31:9). Hoe kan ’n liefdevolle vader weier om ’n seun wie se hart vol opregte berou is, terug te verwelkom? Let op hoe Jehovah sy vaderlike gevoelens vir sy volk uitspreek.
“Is Efraim vir my ’n dierbare seun of ’n lieflingskind? Want in die mate dat ek teen hom gespreek het, sal ek vir seker verder aan hom dink” (vers 20). Watter tere woorde tog! Soos ’n streng maar liefdevolle ouer, was God verplig om “teen” sy kinders te spreek deur hulle herhaaldelik teen hulle sondige weë te waarsku. Toe hulle koppig weier om te luister, het hy hulle in ballingskap laat gaan—hy het hulle as ’t ware uit die huis gesit. Hoewel hy hulle gestraf het, het hy hulle egter nie vergeet nie. Dit sou ondenkbaar wees. ’n Liefdevolle vader vergeet nie sy kinders nie. Maar hoe het Jehovah gevoel toe hy sien dat sy kinders ware berou toon?
“My ingewande [het] onstuimig geraak oor hom.b Ek sal my beslis oor hom ontferm” (vers 20). Jehovah het ’n sterk verlange na sy kinders gehad. Hulle opregte berou het sy hart geraak, en hy wou bitter graag hê dat hulle na hom moes terugkeer. Soos die vader in Jesus se gelykenis van die verlore seun, is Jehovah “ontroer deur innige jammerte” en was hy gretig om sy kinders terug te verwelkom.—Lukas 15:20.
‘Jehovah het my laat terugkom huis toe!’
Die woorde in Jeremia 31:18-20 gee ons insig in Jehovah se tere medelye en barmhartigheid. God vergeet nie diegene wat hom voorheen gedien het nie. Sê nou hulle wil na hom toe terugkeer? God is “vergewensgesind” (Psalm 86:5). Hy sal nooit diegene verwerp wat met berouvolle harte na hom toe kom nie (Psalm 51:17). Inteendeel, hy is bly om hulle terug te verwelkom.—Lukas 15:22-24.
-
-
“Laat ons asseblief terugkom huis toe”Die Wagtoring — 2012 | April 1
-
-
b ’n Gids vir Bybelvertalers sê aangaande hierdie beeldspraak oor die beroering van die ingewande: “Die Jode het die ingewande as die setel van die emosies beskou.”
-