Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • “Maak ’n merk op die voorkoppe”
    Rein aanbidding van Jehovah – Uiteindelik herstel!
    • 16. Merk ons as Jehovah se volk die mense wat gered gaan word? Verduidelik.

      16 Jehovah se volk merk nie die mense wat sal oorleef nie. Onthou dat Jehovah nie vir Esegiël gesê het dat hy deur Jerusalem moet gaan en mense moet merk sodat hulle kan oorleef nie. Net so sê Jehovah nie vandag vir sy volk om mense te merk wat nie vernietig gaan word nie. As huisknegte het ons eerder die opdrag om te preek. Ons wys dat ons hierdie opdrag ernstig opneem deur ons bes te doen om die goeie nuus van God se Koninkryk te verkondig en om mense te waarsku dat hierdie goddelose wêreld binnekort vernietig sal word (Matt. 24:14; 28:18-20). Op hierdie manier help ons opregte mense om Jehovah op ’n rein manier te aanbid. – 1 Tim. 4:16

      ’n Vrou word gedoop.

      ONDERRIGTINGSVENSTER 16B: Sug en steun, maak ’n merk, slaan stukkend – Wanneer en hoe?

      17. Wat moet mense nou doen sodat hulle in die toekoms gemerk kan word?

      17 As mense nie vernietig wil word nie, moet hulle nou bewys dat hulle geloof het. Soos ons vroeër gesien het, het die mense wat Jerusalem se vernietiging in 607 VHJ oorleef het, vooraf gewys dat hulle goddeloosheid haat en lief is vir rein aanbidding. Vandag is dit ook so. Voor die vernietiging kom, moet mense “sug en steun” – dit wil sê baie hartseer wees – oor hoe sleg hierdie wêreld is. Hulle moenie hulle gevoelens wegsteek nie. Hulle moet eerder deur hulle woorde en dade wys dat hulle lief is vir rein aanbidding. Hoe kan hulle dit doen? Hulle moet positief reageer op die predikingswerk wat vandag gedoen word, en hulle moet aanhou om die Christelike persoonlikheid aan te trek. Hulle moet hulle ook laat doop om te wys dat hulle aan Jehovah toegewy is, en hulle moet Christus se broers lojaal ondersteun (Eseg. 9:4; Matt. 25:34-40; Ef. 4:22-24; 1 Pet. 3:21). Net mense wat nou probeer om dit te doen – en wat rein aanbidders is wanneer die groot verdrukking begin – sal gemerk word sodat hulle gered kan word.

      18. (a) Hoe en wanneer sal Jesus Christus regverdige mense merk? (b) Moet getroue gesalfdes gemerk word? Verduidelik.

      18 Jesus gaan die regverdiges merk. In Esegiël se dag was engele betrokke by die werk om regverdiges te merk sodat hulle kan oorleef. Vandag beeld die man met die sekretaris se inkhoring Jesus Christus af wanneer hy “in sy heerlikheid kom” as Regter van al die nasies (Matt. 25:31-33). Jesus sal gedurende die groot verdrukking kom, nadat valse godsdiens vernietig is.c Op daardie belangrike tyd, net voordat Armageddon begin, sal Jesus mense as skape of bokke oordeel. Dié wat deel is van die “groot menigte” sal as skape geoordeel, of gemerk, word, en dit sal wys dat hulle “die ewige lewe [sal] ontvang” (Op. 7:9-14; Matt. 25:34-40, 46). Wat van getroue gesalfdes? Hulle hoef nie gemerk te word om Armageddon te oorleef nie. Hulle sal eerder hulle finale verseëling, dit wil sê hulle finale goedkeuring, ontvang voordat hulle sterf of voordat die groot verdrukking begin. Dan, op die een of ander stadium voordat Armageddon begin, sal hulle hemel toe gaan. – Op. 7:1-3.

  • Sug en steun, maak ’n merk, slaan stukkend – Wanneer en hoe?
    Rein aanbidding van Jehovah – Uiteindelik herstel!
    • Die man met die sekretaris se inkhoring hou ’n pen vas.

      “Maak ’n merk”

      WANNEER: Gedurende die groot verdrukking

      HOE: Die man met die sekretaris se inkhoring stel Jesus Christus voor wanneer hy kom as Regter van al die nasies. Die groot menigte sal as skape geoordeel, of gemerk, word, en dit sal wys dat hulle Armageddon sal oorleef

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel