-
“Ek sal een herder . . . aanstel”Rein aanbidding van Jehovah – Uiteindelik herstel!
-
-
5. Waaroor gaan die raaisel?
5 Lees Esegiël 17:3-10. Waaroor gaan die raaisel? ’n “Groot arend” het die heel boonste takkie van ’n sederboom afgepluk en dit “in ’n stad van handelaars” neergesit. Toe het die arend “van die saad van die land” geneem en dit geplant in ’n vrugbare stuk grond “by baie waters”. Die saad het gegroei en ’n “welige wingerdstok” geword. Toe het daar nog ’n “groot arend” verskyn. Die wingerdstok het toe sy wortels “gretig na” die tweede arend toe uitgestrek omdat dit oorgeplant wou word op ’n ander plek met baie waters. Jehovah het die wingerdstok daarvoor veroordeel en het gesê dat sy wortels uitgeruk sal word en dat dit “heeltemal [sal] uitdroog”.
Die eerste groot arend het koning Nebukadnesar van Babilon afgebeeld (Sien paragraaf 6)
6. Verduidelik wat die raaisel beteken.
6 Wat het die raaisel beteken? (Lees Esegiël 17:11-15.) In 617 VHJ het koning Nebukadnesar van Babilon (die eerste “groot arend”) Jerusalem beleër. Hy het koning Jojagin van Juda (die “heel boonste takkie”) uit sy posisie as koning verwyder en hom na Babilon (“’n stad van handelaars”) gebring. Nebukadnesar het Sedekia (“die saad van die land”, dit wil sê iemand uit die koninklike geslagslyn) op die troon in Jerusalem gesit. En Nebukadnesar het die nuwe koning van Juda voor God laat sweer dat hy lojaal aan hom sal bly (2 Kron. 36:13). Maar Sedekia het nie by sy woord gebly nie. Hy het teen Babilon gerebelleer en die Farao van Egipte (die tweede “groot arend”) vir militêre hulp gevra, maar dit was heeltemal verniet. Jehovah het Sedekia veroordeel omdat hy so dislojaal was (Eseg. 17:16-21). Op die ou end was Sedekia uit sy posisie as koning verwyder, en hy het in ’n tronk in Babilon gesterf. – Jer. 52:6-11.
-
-
’n Profesie oor die Messias – Die indrukwekkende sederboomRein aanbidding van Jehovah – Uiteindelik herstel!
-
-
2. Nebukadnesar stel Sedekia as koning aan in Jerusalem
-