-
’n Profesie oor die Messias – Die indrukwekkende sederboomRein aanbidding van Jehovah – Uiteindelik herstel!
-
-
4. Jehovah plant sy Seun op die hemelse berg Sion
-
-
“Ek sal een herder . . . aanstel”Rein aanbidding van Jehovah – Uiteindelik herstel!
-
-
9 Wat die profesie sê. (Lees Esegiël 17:22-24.) Nou fokus die profesie nie meer op die groot arende nie, maar op wat Jehovah gaan doen. Hy sal ’n sagte takkie “van die top van die hoë sederboom vat en dit plant . . . op ’n hoë en verhewe berg”. Hierdie takkie sal groei en “’n indrukwekkende sederboom” word, en “elke soort voël sal daaronder woon”. Dan sal “al die bome van die veld” weet dat dit Jehovah was wat hierdie indrukwekkende boom laat groei het.
10 Hoe die profesie waar geword het. Jehovah het sy Seun, Jesus Christus, wat uit die koninklike geslagslyn van Dawid gekom het (dit wil sê “die hoë sederboom”) geneem en hom op die hemelse berg Sion (die “hoë en verhewe berg”) geplant (Ps. 2:6; Jer. 23:5; Op. 14:1). Jehovah het vir sy Seun, wat deur sy vyande as “die laagste van die mensdom” beskou is, ’n hoë posisie gegee, dit wil sê “die troon van sy vader Dawid” (Dan. 4:17; Luk. 1:32, 33). Die Koning, Jesus Christus, sal soos ’n indrukwekkende sederboom wees en sal oor die hele aarde regeer, en hy sal seëninge bring vir al die mense oor wie die Koninkryk regeer. Ons kan hierdie Heerser beslis vertrou. Wanneer Jesus in die Koninkryk regeer, sal alle gehoorsame mense op die aarde “in veiligheid woon en . . . nie vir rampspoed bang wees nie”. – Spr. 1:33.
-